DA vra ondersoekeenheid vir ontvoerings in Mpumalanga

Loading player...
Die DA in Mpumalanga het ‘n beroep gedoen op die polisie om dringend ‘n gespesialiseerde ontvoerings ondersoekeendheid op die been te bring, om ontvoerders in die provinsie aan die pen te laat ry.
Volgens Trudie Grovè-Morgan benodig die ontvoering Donderdag van die munisipale bestuurder van Nkangala-distrik, Maggie Skhosana, en haar motorbestuurder toegewyde ingryping.
Sy sê die tweede grootste toename in ontvoerings is in Mpumalanga aangeteken in die eerste kwartaal, met ‘n gemiddeld van 90 per maand, met die meeste aangemeld in Delmas.
Die party glo egter dit is opportunistiese groeperings wat klein lospryse eis, en hulle moet in die bek geruk word voor hulle meer gesofistikeerd raak.
24 Oct 2022 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min