Hoofverdagte in Barberton-mynbedrogsaak na twee jaar steeds gesoek

Loading player...
Die Valke het weer ‘n beroep gedoen op die publiek om inligting te verskaf oor die hoofverdagte in ‘n Barberton-mynbedrogsaak.
Kaptein Dineo Sekgotodi, sê Simphiwe Sangweni was ‘n finansiële administrateur by Barberton Mines toe hy na bewering in Junie 2020 1-punt-2-miljoen-Rand van die maatskappy se fondse na sy persoonlike bankrekening en dié van sy vriendin, LadyPeace Sinothando Nhlenyama, oorgeplaas het.
Die aanklagte teen twee beweerde medepligtiges is voorlopig teruggetrek hangende die arrestasie van die paartjie.
Enigiemand met inligting is gevra om die ondersoekbeampte, kapt. Dietlof Meyer, by 071-481-2977 te kontak.
2 Nov 2022 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min