Matriekeindeksamen skop vandag af

Loading player...
Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, monitor vanoggend die begin van die matriekeindeksamen by Ikhayalami Sekondêr in Belfast. Dit skop af met Engelse Huistaal en Eerste Addisionele Taal-vraestelle. Die woordvoerder van die provinsiale departement, Gerald Sambo, sê die eksamens verloop sedert 2010 vlot in Mpumalanga, en die departement is vol vertroue dat vanjaar geen uitsondering sal wees nie. Meer as 71-duisend voltydse graad 12-kandidate skryf vanjaar die eksamen in die provinsie, die meeste ooit.
31 Oct 2022 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min