SANParke het 'n beroep gedoen op besoekers om vooraf te bespreek en die reëls van die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) die feestyd na te kom. Woordvoerder, Ike Phaahla, vra dat besoekers by die spoedbeperkings hou.
SANParke het 'n beroep gedoen op besoekers om vooraf te bespreek en die reëls van die Krugerwildtuin die feestyd na te kom. Woordvoerder, Ike Phaahla, sê daaglikse kwotas geld vir dagbesoekers by die toegangshekke. Daar is drie tydgleuwe vir voorafbesprekings.
‘n 23-jarige man en vrou verskyn vandag in die Kabokweni-hof na die skietdood van ‘n 30-jarige vrou Saterdag in Mshatsa naby Masoyi buite Witrivier. Volgens die polisie het twee gewapende mans ‘n groep vroue wat besig was om hul stokvel-kontant te verdeel aangehou, beroof en die een geskiet. Sy is…
Die Mpumalanga premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, sê motoriste op Mpumalanga se paaie moet bewus wees dat wetstoepassers in hul volmag roetes hierdie feestyd sal patrolleer. Sy het in haar feestydboodskap ook gesê dat Covid-19-infeksies aan die toeneem is, en inwoners gemaan om versigtig te wees.
‘n Voormalige regeringsamptenaar wat na bewering deel is van ‘n sindikaat wat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens uit 950-duisend-Rand bedrieg het, is Donderdag in die hof vir kommersiële misdade in Nelspruit gevonnis. Valke-woordvoerder, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê Cynthia Zanele Maluleka sou 50-duisend-Rand ontvang het. Sy is ‘n boete van 20-duisend-Rand of drie…
TRAC het verskeie verkeersmaatreëls aangekondig om verkeersvloei op die besige N4-tolpad hierdie feestyd te vergemaklik. Die grootste volumes verkeer word op 9, 15, 16, 23 en 24 Desember verwag sowel as 2 en 3 Januarie. Kommunikasiebestuurder, Solange Soares sê voorkeurbane is vanjaar by alle tolhekke in werking. Besoek radiolaeveld.co.za vir…
Die DA het die stadsbestuurder van Thaba Chweu-munisipaliteit gevra om ondersoek in te stel na die aktiwiteite van die Bohlabela-Streek Brand en Noodienste in die munisipaliteit. Volgens raadslid Marius Opperman het B-R-F-E-S nie ‘n diensvlakooreenkoms met Thaba Chweu, Ehlanzeni of die departement van openbare werke nie, en vorder hy onwettig…
Die departement van basiese onderwys het ‘n ondersoek geloods na beweringe dat matrikulante tydens die eindeksamen verneuk het. Meer as 'n duisend leerlinge in ses provinsies word betrek. In Mpumalanga het een-duisend-127 leerlinge in die Manyeleti-kring van Bohlabela-distrik glo tydens 'n ekonomie-vraestel verneuk. Hulle het onderwysers glo betaal om by…
Die Departement van Basiese Onderwys het vanjaar se matrieks gewaarsku teen “penne-neer”-partytjies. Die waarskuwing kom terwyl die Klas van 2022 hierdie week hul eindeksamen afsluit. Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, het ouers aangeraai om hul kinders nie toe te laat om hierdie geleenthede by te woon nie…
Twee voormalige veldwagters wat in Februarie 2019 aangekeer is weens ‘n ongelisensiëerde vuurwapen en ‘n gevaarlike wapen by ‘n ruskamp in die Krugerwildtuin moet elk effektief sewe jaar agter tralies deurbring. Hendric Eccelence Silinda en Achieve Musa Mlambo is gister deur die Skukuza-hof gevonnis. Hulle is aangekeer tydens ‘n klopjag…
Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, sal môre die skryf van die tweede Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid-vraestelle in Emalahleni (Witbank) monitor. 1-duisend-127 leerlinge het toestemming van die Departement van Onderwys om die vraestelle te skryf na hulle die oorspronklike vraestel misgeloop het weens redes buite hul beheer. Woordvoerder,…
Die Organisasie teen Belastingmisbruik het ‘n strafsaak teen adjunkpresident David Mabuza en 12 ander geopen. OUTA wil hê die Ondersoekdirektoraat van die Nasionale Vervolgingsgesag moet strafregtelike klagte van georganiseerde misdaad teen Mabuza bring. Die hoof- uitvoerende beampte van OUTA, Wayne Duvenhage, sê die aanklagte hou verband met rampokkeryaktiwiteite
Die DA in Mpumalanga sê hulle is bekommerd dat daar slegs 168 ambulanse beskikbaar is vir die provinsie se bevolking van 4,7 miljoen mense. Volgens mediese norme en standaarde moet daar een ambulans beskikbaar wees per 10-duisend mense. Volgens Jane Sithole is slegs 72 van die 168 boonop daagliks in…
'n Ondersoek deur die Valke het vroeg Vrydagoggend gelei tot die arrestasie van nege verdagtes in verband met bedrog wat verband hou met stroperyaktiwiteite. Volgens kapt. Dineo Sekgotodi het KPMG hul geldsake ondersoek om die vloei van kontant te bepaal. Twee mans is reeds in April aangekla vir bedrog verwant…
Die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, het weer ‘n beroep gedoen op bestuurders om die padreëls te gehoorsaam. Dit is na nege mense Saterdagaand in ‘n kop-botsing tussen Morgenzon en Amersfoort dood is. Al nege insittendes is op die toneel dood verklaar. Die woordvoerder van die departement, Moeti…
Die polisie in Mpumalanga het die publiek gevra om na vore te kom met inligting oor twee moorde. Dit na die liggame van twee mans gisteroggend op die perseel van die rioolwerke in Tonga deur sekuriteitswagte ontdek is. Brigadier Selvy Mohlala sê die slagoffers het sigbare beserings gehad. Daar word…
Die metaalwerkersunie NUMSA sê hulle is geskok oor die tragiese heengaan van ses leiers van die mynwerkersunie NUM. Dit is nadat hulle Sondag in ‘n motorongeluk in Mpumalanga oorlede is. NUMSA se nasionale woordvoerder Phakamile Hlubi-Majola het hul innige meegevoel gestuur aan die familie en vriende van almal wat hul…
Die DA in Mpumalanga het hul misnoë uitgespreek na ‘n mosie om die gebruik van blouligbrigades deur politici in die provinsie te verbied, deur die wetgewer afgeskiet is. Volgens Bosman Grobler is dit onnodig, duur en gevaarlik. Hy sê die mosie is ter tafel gelê na die dood van die…
SANParke, TotalEnergies en FNB het erkenning gegee aan verdienstelike natuurbewaarders by vanjaar se Koedoe-toekenningseremonie. Dit het op 24 November by die Gallagher-konvensiesentrum in Midrand plaasgevind. SANParke se waarnemende hoof van kommunikasie, Rey Thakhuli, sê die toekennings erken toewyding en onbaatsugtige pogings van SANParke-werknemers om die doelwitte van SANParke se mandaat…
29 Nov 2022 5AM
1 min
880 – 900
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.