Verdagte kry borgtog na versteekte renosterhorings gevind is

Loading player...
Twee verdagtes het Woensdag die Ermelo-hof verskyn vir die besit van renosterhorings met ‘n geraamde waarde van 876-duisend-Rand.
Junior Chauke (49) en Prince Ntsako Letswele (33) is Donderdag aangekeer na die polisie ‘n wenk ontvang het oor mense in besit van vuurwapens.
Hulle is voorgelê het glo probeer vlug toe hulle die polisie gewaar.
Volgens die Valke se kaptein Dineo Sekgotodi is vier renosterhorings van altesaam 14,6-kilogram in die enjinkap van hul Toyota Fortuner versteek gevind.
Chauke is borgtog van R10 000 toegestaan terwyl Letswele in aanhouding bly. Die saak is uitgestel tot 25 Januarie.
16 Dec 2022 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min