Drie skuldig wat Eskom uit R2,6 miljoen bedrieg

Loading player...
Drie mense is Woensdag in die Nelspruit-landdroshof skuldig bevind aan bedrog en geldwassery na hulle Eskom uit R2,6 miljoen bedrieg het. Volgens die Valke het Micheal Chimanzi, Nwabisa Ngxola en Cinderella Moropane tussen 2013 en 2019 fakture aan Eskom uitgemaak wat die kragverskaffer betaal het, sonder dat enige dienste gelewer is. Kapt. Dineo Sekgotodi sê hulle bly in aanhouding tot 23 Januarie wanneer hulle gevonnis sal word.
16 Dec 2022 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min