100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,803 Episodes
900 – 920

Twee broers verskyn in Bosbokrand vir poging tot moord op hul pa

Twee mans verskyn vandag in die Bosbokrand-hof vir poging tot moord op hul pa. Volgens brigadier Selvy Mohlala is die 68-jarige gisteraand by sy huis in Maviljan Trust deur sy seuns wakker gemaak om ‘n sleutel terug te gee. Hy het ‘n venster oopgemaak om dit te ontvang en ‘n…
29 Nov 2022 4AM 1 min

DA vra vir groter sigbaarheid van wetstoepassers vir 'n veiliger feestyd

Die DA in Mpumalanga het ‘n beroep gedoen op die provinsiale regering om die sigbaarheid van polisielede en verkeersbeamptes op provinsiale paaie hierdie feestyd te verhoog om motorongelukke te verminder. Trudie Grovè-Morgan sê ongelukke het in 2021/22 met 12-komma-5-persent toegeneem terwyl padblokkades, dronkbestuur operasies, en voertuie wat geweeg word afgeneem…
29 Nov 2022 4AM 1 min

LifeLine hou bewusmaking teen geslagsgeweld

Die jaarlikse 16 dae-veldtog van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders het afgeskop. LifeLine Nelspruit het vanoggend 'n bewusmakingsveldtog daaroor by die Promenade-sentrum in Mbombela gehou. Annriette Slabber, die direkteur van LifeLine Nelspruit, sê bewusmaking oor die kwessie is daagliks nodig, en moet die besef insluit dat mans ook…
28 Nov 2022 4AM 1 min

‘n Moeë bestuurder was moontlik die oorsaak van ‘n noodlottige ongeluk op die N4

Ses mense is dood in ‘n gru-ongeluk op die N4 tussen Middelburg en Emalahleni gisteroggend toe die bestuurder na vermoede beheer verloor het. Al ses insittendes is opslag dood. Die woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid, Moeti Mmusi, sê hulle vermoed dat die bestuurder moeg was, maar die oorsaak word…
28 Nov 2022 1AM 1 min

Twee Transnet-werkers is in Mbombela vasgetrek met koperkabels

Twee Transnet-werkers is in Mbombela met koperkabels vasgetrek na die polisie gister op 'n wenk gereageer het. Volgens polisiewoordvoerder, kolonel Donald Mdhluli, was hulle ten tyde van die arrestasie aan diens, in 'n maatskappyvoertuig en op die Transnet-perseel. Die waarde word geraam op 8-duisend-Rand. Hulle word aangekla van die onwettige…
25 Nov 2022 8AM 1 min

Vermeende stroper moet 11 jaar gevangenisstraf uitdien

'n Man moet elf jaar agter tralies bly na hy gister in Skukuza vir stroperyverwante misdrywe gevonnis is. Die 45-jarige Isaac Sihlangu is in 2019 saam met 'n medebeskuldigde, Abel Manyike, aangekla. Manyike is reeds gevonnis. Sihlangu was voortvlugtig na hy in 2019 borg toegestaan is. Hy is in Februarie…
25 Nov 2022 6AM 1 min

Provinsiale ramp verklaar na stormskade in Hazyview

# Swaar reën en sterk winde het die naweek skade aan huise, skole, ‘n kliniek en die kragnetwerk in Hazyview aangerig. Volgens die Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit werk hulle saam met Mbombela en die provinsiale departement van samewerkende regering om die skade te bepaal en hulp te verleen. Jacques Benade, die hoof van…
25 Nov 2022 3AM 1 min

Grootste gehekelde Kersboom eersdaags in Witrivier onthul

'n Ses-meter gehekelde Kersboom word op 3 Desember by Casterbridge onthul. Penny Boden, die ambassadeur van 67 Komberse in Witrivier, sê een-duisend-400 blokkies is gehekel deur mense van oraloor. Na die onthulling van die boom sal dit uitmekaar gehaal en in komberse vasgewerk word vir behoeftige mense.
23 Nov 2022 7AM 1 min

Mpumalanga aanvaar voorstel om verlate myne te rehabiliteer

Die Mpumalanga wetgewer het ‘n voorstel van die VF Plus aanvaar om opgehoopte gelde van sowat 17,5-miljard-Rand aan te wend om verlate myne te rehabiliteer. Die opgehoopte fondse is afkomstig van die finansiële voorsiening wat maatskappye in plek stel voordat mynbou begin sodat die regering dit vir rehabilitasie kan benut,…
22 Nov 2022 7AM 1 min

Renosterstroper moet 34 jaar sit

‘n Renosterstroper is Vrydag tot effektief 34 jaar tronkstraf gevonnis in die Skukuza-hof. Sipho Titus Khoza is volgens die polisie in 2016 twee keer in die Stolznek-deel van die Krugerwildtuin aangekeer. Sy drie medepligtigers in die twee gevalle het sedert hulle borgtog ontvang het nog nie weer in die hof…
21 Nov 2022 6AM 1 min

SANParke verwelkom vonnis vir stroper wat 34 jaar moet sit

Die waarnemende uitvoerende bestuurder van die NKW, dr. Danny Govender, het die vonnis van effektief 34 jaar vir ‘n renosterstroper verwelkom. “Dit is ‘n groot oorwinning vir ons toegewyde veldwagters. Hulle is die eerste skakel in die ketting van geregtigheid. “Ons is bly ons howe stuur so ‘n sterk boodskap…
21 Nov 2022 5AM 1 min

Storm rig erge skade aan in Hazyview

Swaar reën en sterk winde het Vrydag skade aan sowat 50 huise, twee skole, ‘n kliniek en die kragnetwerk in Hazyview aangerig. Volgens die Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit werk hulle saam met Mbombela en die provinsiale departement van samewerkende regering om die skade te bepaal en hulp te verleen. Rooikruis-vrywilligers help ook met…
21 Nov 2022 5AM 1 min

Bafana Bafana is vanaand vir die eerste keer in ses jaar in aksie in Mbombela

Bafana Bafana sê vanaand om 20:30 vir Mosambiek die stryd aan by Mbombela-stadion. Die nasionale mans sokkerspan is onoorwonne in al die wedstryde wat hulle sedert 2010 by die stadion gespeel het. Hulle speel Sondagmiddag 'n tweede vriendskaplike wedstryd in die stad teen Angloa. Stadionbestuurder, Roelf Kotze, sê hulle was…
17 Nov 2022 5AM 1 min

Die VF Plus veroordeel die jongste plaasmoord in Mpumalanga

Die VF Plus het die jongste plaasmoord in Mpumalanga veroordeel. 'n 80-jarige boer, Hennie van der Walt, is in sy huis op sy plaas in Dwarsfontein naby Delmas met skie ten steekwonde dood aangetref. Werner Weber sê dit is die vierde plaasmoord in ʼn baie kort tydsbestek in die provinsie…
17 Nov 2022 5AM 1 min

LUR hou saam met adjunkminister oorsigbesoek aan eksamenlokaal

Die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, het vandag saam met die adjunkminister van basiese onderwys, dr. Reginah Mhaule, die graad 12 eindeksamen in Mpumalanga gemonitor. Hulle het Dlomodlomo Sekondêr in Elukwatini besoek. Mhaule sê die eksamen verloop sover vlot in die provinsie - met die uitsondering van sporadiese protesoptrede wat…
17 Nov 2022 4AM 1 min

Nuwe era vir toerisme in die Laeveld met direkte Europese vlugte

Die eerste direkte interkontinentale vlug van Europa het gister by Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe geland. Eurowings Discover, 'n filiaal van Lufthansa, bied nou direkte vlugte na en vanaf Frankfurt in Duitsland via Windhoek. Helmut Wölfel, hoof van kommersiële vlugte by Eurowings Discover, sê dit is 'n opwindende nuwe era vir…
17 Nov 2022 1AM 1 min

Renosterstroper moet 17 jaar sit

‘n Renosterstroper is tot effektief 17 jaar agter tralies gevonnis deur die Skukuza-hof. Die 40-jarige Sylvester Zitha is in Oktober 2019 in die Tshokwane deel van die Krugerwildtuin aangekeer. ‘n Tweede verdagte, Richard Phiri, is voortvlugtig sedert hulle op borgtog vrygelaat is. Zitha is skuldig bevind op ses klagte. Woordvoerder,…
16 Nov 2022 3AM 1 min

TRAC N4-tydren hierdie naweek in Dullstroom

Die TRACN4-tydren vind Vrydag en Saterdag weer in Dullstroom plaas. Vanjaar is die derde keer dat die opwinding, drama en adrenalien-gevulde tydren in Mpumalanga plaasvind. Kommunikasiebestuurder vir TRAC, Solange Soares, sê dit is ‘n ekonomiese inspuiting vir die Emakhazeni-munisipaliteit. Die opbrengste ondersteun ook die Dullstroom Epilepsie-sentrum. 28 spanne neem aan…
15 Nov 2022 7AM 1 min

Die eerste interkontinentale vlug van Europa land môre by KMI-lughawe

Die eerste interkontinentale vlugte van Europa land môre by die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe. Die nuwe roete skop af met weeklikse vlugte en sal heeljaar beskikbaar wees na en van Frankfurt in Duitsland via Windhoek in Namibië. Dit is die sewende bestemming in Afrika vir Eurowings Discover - ‘n filiaal…
15 Nov 2022 5AM 1 min

DA marsjeer môre oor stygende lewenskoste

Die DA in Mpumalanga beplan om môre ‘n griefskrif aan die provinsiale departement van maatskaplike ontwikkeling te oorhandig oor stygende lewenskoste. Jane Sithole sê al hoe meer mense kan dit nie bekostig om kos op die tafel te sit nie, en die regering moet ingryp om 'n humanitêre krisis af…
15 Nov 2022 4AM 1 min
900 – 920