Vrou gevonnis vir belastingontduiking

Loading player...
‘n Voormalige regeringsamptenaar wat na bewering deel is van ‘n sindikaat wat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens uit 950-duisend-Rand bedrieg het, is Donderdag in die hof vir kommersiële misdade in Nelspruit gevonnis. Valke-woordvoerder, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê Cynthia Zanele Maluleka sou 50-duisend-Rand ontvang het. Sy is ‘n boete van 20-duisend-Rand of drie jaar gevangenissstraf opgelê waarvan die helfte opgeskort is mits sy die 50-duisend-Rand aan die S-A-i-D terugbetaal. Nog sewe mense word saam met haar aangekla.
13 Dec 2022 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min