Die VF Plus in Mpumalanga sê waterpompe moet gevrywaar word van beurtkrag. Werner Weber sê beurtkrag veroorsaak dat byna elke munisipaliteit in Mpumalanga sonder water is omdat die pompe wat water aan die woongebiede verskaf, nie sonder elektrisiteit kan funksioneer nie. Hy voeg by dit is belangrik dat munisipaliteite gebeurlikheidsplanne,…
'n Polisiesersant verskyn vandag in die hof saam met vyf vermeende medepligtiges in eMalahleni op aanklagte van voertuigkaping en besit van gesteelde goedere. Volgens polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, het die Middleburg-blitspatrollie Maandag op 'n wenk reageer en 'n vragmotor wat in Elsburg gekaap is by 'n kleinhoewe in Clewer gevind…
Die vlieënier wat gistermiddag dood is toe sy ligte vliegtuig naby die Ou Nelspruit-lughawe neergestort het is geïdentifiseer as die 44-jarige Jeff Mabuza, ‘n gerekende sakeman van Steelpoort. Hy was die enigste insittende. Polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, sê die Burgerlugvaartowerheid ondersoek die oorsaak.
Die VF Plus in Mpumalanga sê die Govan Mbeki-munisipaliteit is in meer moeilikheid as wat inwoners besef. Aranda Nel-Buitendag gee wanadministrasie die skuld vir swak dienslewering in Bethal, Secunda en omliggende dorpe. Sy sê die ouditeur-generaal het in haar jongste verslag haar kommer uitgespreek oor die tekort aan veral tegniese…
Die Burgerlugvaartowerheid ondersoek ‘n noodlottige vliegongeluk wat gistermiddag in Mbombela plaasgevind het. ‘n Ligte vliegtuig het naby die Ou Nelspruit-lughawe neergestort. Die vlieënier was die enigste insittende en is dood. Die kommunikasiebestuurder van die Burgerlugvaartowerheid, Sisa Majola, sê dit is onduidelik van waar of waarheen die vliegtuig op pad was.
Die vlieënier van ‘n ligte vliegtuig is vanmiddag dood toe die vliegtuig kort na 3-uur neergestort het ‘n bietjie wes van die Ou Nelspruit-lughawe. Volgens Kyle van Reenen van Emer-G-Med was die vlieënier die enigste insittende. Die oorsaak van die ongeluk sal deur die Burgerlugvaartowerheid ondersoek word.
Die drie mans wat aangekla word van die moord op 'n ANC-raadslid in Mkhondo-munisipaliteit het vandag in die hof in Piet Retief verskyn. Sbonelo Ntshangase is op 13 Januarie saam met twee ander mans voor sy huis doodgeskiet. Andile Gamede het sy borgaansoek aal vaar. Blessing Ntombela en Blessing Dlamini…
Die VF Plus in Mpumalanga het sy kommer uitgespreek oor die onlangse vlaag gewelddadige transitorooftogte. Werner Weber skryf dit toe aan ‘n tekort aan menslike hulpbronne en voertuie in die provinsie. Tydens die jongste voorval is 'n veiligheidswag doodgeskiet en nog twee gewond buite Hazyview verlede week. Weber is veral…
Die DA Studente Organisasie in Mpumalanga wil hê die minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande, moet ingryp by Tvet-kolleges waar omkoopgeld glo geëis word om studente te registreer. Volgens die DASO koördineerder, Marcus Mdau, het hulle berigte ontvang van studente by verskeie kampusse, insluitende Witbank, Middelburg en Waterval-Boven, dat hulle…
‘n Werknemer van Sanral is gearresteer vir diefstal na ‘n transitoroof op die R40 tussen Witrivier en Hazyview gister. Volgens polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, het die man gehelp om die toneel op te ruim. Hy is in besit gevind van kontant wat na vermoede tydens die roof gesteel is. ‘n…
‘n Sekuriteitswag is vanoggend tydens ‘n transitoroof op die R40 tussen Witrivier en Hazyview doodgeskiet. Die Fidelity-voertuig is deur ‘n onbekende aantal gewapende aanvallers voorgelê. 'n Skietery het uitgebreek. Die bestuurder van die ondersteuningsvoertuig is noodlottig gewond. Plofstof is gebruik om die geldwa oop te skiet. Die aanvallers het 'n…
‘n Vyfde arrestasie is gemaak na die moord op 'n ANC-raadslid in Mkhondo-munisipaliteit. Sbonelo Ntshangase is op 13 Januarie saam met twee ander mans voor sy huis doodgeskiet. Volgens Brigadier Selvy Mohlala verskyn die vyfde verdagte vandag in die hof in Piet Retief op klagte van moord, poging tot moord…
Die twee mans wat aangekla word van die moord op die ANC-raadslid Sbonelo Mthembu Ntshangase in Mkhondo-munisipaliteit ,bly in aanhouding tot hul borgaansoek op 30 Januarie. Blessing Nhlakanipho Ntombela (30) en En Blessing Bongani Dlamini (38) het gister vlugtig in die hof in Piet Retief verskyn op aanklagte van moord…
Die polisie soek na twee gewapende mans wat gisteraand 'n man by die Steiltes Sokkerbal-reservoir in Mbombela doodgeskiet het. Die 34-jarige Silvester Samkelo Nkosi was ‘n provinsiale verkeersbeampte. Hy was van diens af toe hy saam met 'n vriendin die uitkykpunt besoek het. Sy is ongeskonde. Die verdagtes het met…
Innibos Kunstefees sê hulle is verlig en opgewonde om eindelik weer ’n volwaardige kunstefees aan te bied vanjaar nadat Covid-regulasies dit die afgelope drie jaar gekortwiek het. Die feesdatum is 29 Junie tot 2 Julie en oudergewoonte is die feesterrein by Hoërskool Bergvlam in die stad. Media- en bemarkingsbestuurder, Sandra…
Die veldwagter wat in Desember ernstig beseer is toe 'n olifant hom in die Pretoriuskop-area van die Krugerwildtuin bestorm het, sterk goed aan. Joe Nkuna is Saterdag deur die minister van bosbou, vissery en die omgewing, Barbara Creecy, in die hospitaal in Johannesburg besoek. Sy sê hy het reeds verskeie…
Die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, het vanoggend die gedetaileerde provinsiale uitslae vir die provinsie by die Universiteit van Mpumalanga bekendgemaak. Die matrikulante van 2022 het ‘n slaagsyfer van 76,8% in Mpumalanga behaal, ‘n verbetering teenoor 2021. Landwyd het 80,1% van die gr. 12’s wat die eindeksamen afgelê het, geslaag…
# Motorsport: Die plaaslike tydrenryer, Eben Basson, wat die afgelope Dakar saam met sy medebestuurder, Leander Pienaar, die sewende possisie in die afgesluit In die T3-klas vir die G Rally-span. Hulle het ook die wennersmedalje in die Liggewig Prototipe Nuweling-kategorie in Saoedi-Arabië verower. Hy sê die plaaslike tydren-seisoen is nou…
Die VF Plus sê hy sal druk toepas dat daar by die voorgeskrewe oortydbegroting gehou word in Mbombela-munisipaliteit. Volgens Freddy Robertson betaal inwoners maandeliks sowat R14 miljoen aan oortydvergoeding vir munisipalte werknemers. Hy voer aan dat sommige werknemers in die vullisverwydering-, parke- en begraafplaas-afdelings meer ure oortyd per dag eis…
Die Mpumalanga onderwysdepartement is gereed om môre die provinsiale uitslae van die 2022 matriekeindeksamen aan te kondig. Die LUR, Bonakele Majuba, sal dit môreoggend by die Universiteit van Mpumalanga bekendmaak. Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het vanoggend die toppresteerders in Johannesburg ontvang. Sy maak vanaand die nasionale uitslae…
19 Jan 2023 5AM
1 min
820 – 840
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.