Onwettige elektrisiteitsaansluitings skok na vermoede drie mense dood in Tonga

Loading player...
Drie mense is die afgelope vyf dae in Tonga doodgeskok deur wat die polisie vermoed is onwettige elektrisiteitsaansluitings.
Volgens polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Brigadier Selvy Mohlala, sluit dit 'n 36-jarige vrou in wat in haar tuin gewerk het, 'n man wat ondersoek ingestel het na ‘n elektriese fout by sy huis, en 'n 16-jarige meisie wat deur 'n plas water gestap het op straat Donderdagdaand. In ‘n vierde voorval gister in Kamhlushwa is 'n 12-jarige seun deur onwettige aansluitings doodgeskok is by die bure se huis.
14 Feb 2023 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min