Renosterstroper moet 18 jaar sit

Loading player...
'n Renosterstroper is gister in Skukuza tot effektief 18 jaar tronkstraf gevonnis. Santos Baloyi is in September in die Afsaal-area van die Krugerwildtuin vasgetrek. Volgens polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, het veldwagters op patrollie ondersoek ingestel na hulle ‘n skoot gehoor het. ‘n Skietery het ontstaan. Baloyi is gewond en aangekeer. Hy was in besit van twee vars renosterhorings. Hy het skuldig gepleit op betreding van die wildtuin, besit van ‘n bedreigde spesie se liggaamsdele en stropery. Een van sy twee medepligtiges is dood.
3 Feb 2023 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min