Gesin van Jeppe's Reef byna uitgewis

Loading player...
'n 21-maande oue seuntjie is Saterdag in Shongwe-hospitaal dood. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Brigadier Selvy Mohlala, het hy maagkrampe en diarree gehad en gebraak. Vier van sy gesinslede van Jeppe's Reef het dieselfde simptome getoon en is ook opgeneem. Sy 23-jarige tante is dieselfde dag ontslaan. 'n Dogtertjie van vier en twee seuntjies van onderskeidelik ses en sewe jaar oud is nog in die hospitaal. Mohlala sê hulle het na ‘n maaltyd siek geword. Dit is in hierdie stadium nie bekend wat die oorsaak van die baba se dood is en of dit moontlik ‘n infeksie kon wees nie.
15 Feb 2023 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min