Twee sekuriteitswagte is laat gistermiddag tydens ‘n transitoroof op die R537 tussen Sabie en Witrivier gewond. Die G4S-gepantserde voertuig is om ongeveer 20-oor-5 deur ‘n onbekende aantal rowers aangeval. Een van die voertuie was ‘n silwer dubbelkajuit-bakkie. Twee sekuriteitswagte is geskiet. Een is in die kop getref en die ander…
ActionSA in Mpumalanga sê die provinsiale department van gesondheid het plaaslike intern-dokters uit hul hospitaal verblyf gesit om eerder Kubaanse dokters te huisves. Volgens Thoko Mashiane, provinsiale voorsitter van Action SA moes die kandidaatdokters hul eie verblyfsreëlings tref. Hy sê hulle is ook teleurgesteld dat Kubaanse dokters werk terwyl gekwalifiseerde…
Barberton Mines het die privaat Barberton-lughawe gekoop en is op soek na ‘n vennoot om dit tot ‘n volwaardige fasiliteit te ontwikkel. So sê die operasionele beampte van die Kruger Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme, Linda Grimbeek.
Verkeersbeamptes moet na-ure begin werk om die opeenhoping van vragmotors onderweg na die Lebombo-grenspos in Komatipoort op te los. So sê die operasionele beampte van die Kruger Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme, Linda Grimbeek. Sy sê die feit dat taxi-verenigings dit nou op hulself geneem het om die verkeer…
Die polisie in Mpumalanga waarsku mense om versigtig te wees wanneer hulle steenkoolstowe en gastoestelle gebruik vir verwarming. Dit volg na 'n paartjie van 29- en 26-jaar op 1 Julie in die Vosman-uitbreiding dood aangetref is. Die provinsiale polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê die vermoede bestaan dat hulle rook ingeasem…
Dr. André Hattingh van Pediatric Care Africa het Sondag met 'n trekker vanuit Witrivier vertrek op 'n tog van 2 500 km deur vyf provinsies om nagenoeg R1 miljoen in te samel vir drie behoeftige kinders wat groot operasies benodig. Hulle het vanoggend in Thabazimbi wakker geword en is stadig…
Die DA in Mbombela sê hy is diep bekommerd oor ‘n geblokte riool-afvoerpyp wat na ses jaar steeds oorstroom by Hillsview in Witrivier. Mbombela-raadslid David Schofield lê die probleem voor die deur van die kontrakteur wat die pyp vervang het. Hy sê die reuk is onhoudbaar vir inwoners en niks…
Die DA in Mpumalanga het die besluit verwelkom van die LUR vir Samewerkende Regering om die burgemeester van Thaba Chweu in die bek te ruk oor onreëlmatige aanstellings. Mandla Msibi het Friddah Nkadimeng opdrag gegee om Ehlanzeni Distrik te vra om beamptes te ontplooi om waar te neem as direkteur…
Innibos Kunstefees het voornemende feesgangers daarteen gewaarsku om kaartjies op Viagogo se webblad te koop. Volgens die fees is dit 'n vals profiel en is Computicket die enigste wettige kaartjieverkope platform. Die Laeveldse Kunstefees skop Donderdag in Nelspruit af. Dit word hierdie jaar weer in volle swang aangebied en beloof…
Die Airlink Pumas kry Saterdag die geleentheid om hul Curriebeker-titel in Bloemfontein te verdedig teen die Cheetahs. Die Vrystaatse span het die voordeel van 'n tuiswedstryd, maar Pumas-afrigter, Jimmy Stonehouse, sê dit plaas ook addisionele druk op die Vrystaatse span. Hy het vanoggend ook ‘n opwindende aankondiging gemaak van hul…
Addisionele R5 miljoen is vanuit die private sektor bewillig om die Numbi-pad na die Krugerwildtuin verder te beveilig. Die nuwe president van die Kruger-Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme, prof. David Mabunda, het Dinsdagaand tydens sy inhuldiging aangekondig hoe hierdie ektra R5 miljoen rand aangewend sal word.
‘n Man wat in 2016 drie renosters in die Krugerwildtuin gestroop het, is gister 32 jaar tronkstraf opgelê. Freedom Ndlovu is deur die Skukuza-streekhof skuldig bevind aan onder meer stroping, betreding, besit van ongelisensiëerde wapen en ammunisie en sameswering om ‘n misdaad te pleeg. Volgens die woordvoerder van die Nasionale…
Die Airlink Pumas kry Saterdag die geleentheid om hul Curriebeker-titel in Bloemfontein te verdedig teen die Cheetahs. Die Vrystaatse span het die voordeel van 'n tuiswedstryd, maar Pumas-afrigter, Jimmy Stonehouse, sê dit plaas ook ekstra druk op die Vrystaatse span. Hy het gister die media te woord gestaan oor wat…
Die polisie in Mpumalanga sê Operasie Shanela sal weekliks voortgesit word en misdadigers kan hulle voorberei vir die lang arm van die gereg. Die optrede is ‘n intensiewe polisie-inisiatief om bestendigheid in misdaadgeteisterde gebiede te herstel. ‘n Polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê 69 verdagtes is die afgelope week vir verskeie…
Die DA in Mpumalanga sê hy is bekommerd dat amper die helfte van water wat deur munisipaliteite in die provinsie gekoop word, nie verbruikers bereik nie. Trudie Grovè-Morgan sê dit is weens lekkasies en die diefstal van infrastruktuur. Volgens die 2023 “Geen-druppel-versLag” het die lekkasie-indeks in Mpumalanga sedert 2015 van…
Die Pumas kry Saterdag die geleentheid om hul Curriebeker-titel in Bloemfontein te verdedig nadat hulle Saterdagaand in Durban moedig uitgehou het om met 26-20 oor die Haaie te seëvier. Die Airlink Pumas, wat vier drieë teen net twee van die Haaie gedruk het, pak die Cheetahs eerskomende Saterdag in die…
Die polisie in Mpumalanga is op soek na ‘n groep verdagtes wat na bewering infrastruktuur by Transnet beskadig het wat nou sowat een miljoen rand sal kos om reg te maak. Die polisie sê die verdagtes het ‘n gat in die semistaatsinstelling se pyplyn in Vosman in Emalahleni gesny, wat…
‘n 32-jarige man verskyn na verwagting vandag in die Piet Retief-landdroshof op vier aanklagte van moord, omdat hy na bewering Donderdagaand vyf familielede geskiet het. ‘n 71-jarige vrou, sowel as drie kinders van onderskeidelik drie, agt en tien jaar oud, is tydens die voorval dood. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalaga,…
Die DA in Mpumalanga doen ‘n beroep op die LUR vir openbare werke, paaie en vervoer, Mandla Ndlovu, om spesifiek te begroot vir herstelwerk van padinfrakstruktuur. Volgens Trudie Grovè-Morgan is daar hierdie finansiële jaar slegs sowat R2,4 miljard vir vervoerinfrastruktuur begroot, terwyl alle provinsiale paaie, volgens die departement self, tussen…
15 Jun 2023 3AM
1 min
620 – 640
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.