Departement sê hoekom hy onnies nie betaal

Loading player...
Die Mpumalanga Onderwysdepartement sê die rede dat hulle sommige onderwysers by Lamulelani Sekondêr in Bohlabela-distrik nie betaal nie, is omdat hulle nie sonder die departement se medewete aangestel is. Volgens ‘n woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, mag skole nie onderwysers sonder toestemming van die departement aanstel nie. Hy sê die dokumentasie om hulle aan te stel bereik die departement soms maande na hulle reeds begin onderwys gee het. Die departement ondersoek wel die saak.
11 Jul 2023 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min