Twee mense is gisteraand in Dwarsloop, Bosbokrand, doodgeskiet by 'n drinkplek. Volgens die polisie het 'n 40-jarige man saam met vriende gekuier toe daar op hom losgebrand is. Hy is verskeie kere geskiet. 'n 35-jarige is ook noodlottig getref. Volgens polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, is 'n toevallige verbyganger se Toyota…
Die polisie het vanoggend bevestig dat ‘n derde verdagte gisteraand in Emalahleni in Mpumalanga in hegtenis geneem is vir die beweerde afbranding van vragmotors in die provinsie. Die ander twee verdagtes is gister in die provinsie in hegtenis geneem.
Dr. André Hattingh van Pediatric Care Africa durf vandag die roete tussen Piet Retief na Badplaas met sy trekker aan. Hy besig is om 2 500 km deur vyf provinsies af te lê met die trekker om nagenoeg R1 miljoen in te samel vir drie behoeftige kinders wat groot operasies…
Die Krugerwildtuin sê die aantal toeriste wat die Krugerwildtuin besoek neem nie af nie. Die Minister van Toerisme, Patricia de Lille, is vandag aangehaal dat toeriste wat die park besoek sedert 2019 met 21 persent gedaal het. Ike Phaahla, woordvoerder van die NKW, sê egter hul data toon dat besoekersgetalle…
Drie mense is dood en talle beseer in verskeie ongelukke wat vanoggend op die N12 in Mpumalanga plaasgevind het. Volgens die departement van gemeenskapsveiligheid is dit grootliks te wyte an baie mistige toestande op die pad tussen Emalahleni en Ogies. Verskeie voertuie was betrokke, insluitende ligte aflewerings- en geartikuleerde voertuie…
‘n 52-jarige werknemer van die polisie verskyn vandag in die Hazyview-hof op aanklagte van bedrog na hy gister deur die Valke aangekeer is. Volgens die woordvoerder van die Ondersoekdirektoraat vir Prioriteitsmisdade in Mpumalanga, kaptein Dineo Sekgotodi, het die persoon as ‘n informele geldskieter gewerk. Sy sê hy was in besit…
Die polisie ondersoek ‘n saak van moord na ‘n 12-jarige Dinsdagoggend na bewering ‘n maat, van ook 12 jaar oud, doodgesteek het. Volgens die Mpumalanga polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, het hulle ‘n argument gehad tydens ‘n inheemse speletjie, Mrabaraba. Die een het die ander geklap, waarop die slagoffer met gebreekte…
Nog vier vragmotors is vanoggend vroeg aan die brand gesteek in Mpumalanga. Dit volg op vyf vragmotors wat kort voor middernag Sondagaand op die N4 by Waterval Boven aan die brand gesteek is. Volgens die polisie het die jongste voorval om ongeveer half 6 vanoggend op die N2 tussen Piet…
Die Mpumalanga Onderwysdepartement sê die rede dat hulle sommige onderwysers by Lamulelani Sekondêr in Bohlabela-distrik nie betaal nie, is omdat hulle nie sonder die departement se medewete aangestel is. Volgens ‘n woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, mag skole nie onderwysers sonder toestemming van die departement aanstel nie. Hy sê…
Die provinsiale polisiekommissaris, luitenant-generaal Semakaleng Manamela, het die brandstigting aan vyf vragmotors op die N4 tussen die Waterval Boven-tonnel en Waterval Onder veroordeel. Mpumalanga polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê die motief is tans onbekend. Geen arrestasies is nog gemaak nie.
Dr. André Hattingh van Pediatric Care Africa trotseer vandag die koue in die Vrystaat op die trekker waarmee hy besig is om 2 500 km af te lê. Hy poog om deur vyf provinsies met die trekker te ry om nagenoeg R1 miljoen in te samel vir drie behoeftige kinders…
Opruimingswerk is onderweg op die N4 tussen die Waterval Boven-tonnel en Waterval Onder waar vyf vragmotors gisteraand aan die brand gesteek is. Polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê die motief is tans onbekend. Volgens hul inligting het mense die vragmotorbestuurders forseer om te stop en hul vragmotors agter te laat. Motoriste…
'n Grootskaalse soektog na die vermiste Piet Skead, het vanoggend kort voor 09:00 ten einde geloop toe sy liggaam gevind is. Skead was 'n bekende sakeman en betrokke lid van die Witirvier-gemeenskap. Volgens Bruce Macaulay wat die soektog gekoördineer het, is hy binne 'n kilometer radius van sy huis gevind…
Die vermiste Piet Skead, 'n baie bekende sakeman en betrokke lid van die Witirvier-gemeenskap, is vanoggend kort voor 09:00 gevind na hy Saterdag verdwyn het.
'n Grootskaalse soektog is geloods na die bekende inwoner van Witrivier, Piet Skead, wat Saterdagaand vermis geraak het. Hy het glo om ongeveer 17:30 by die huis uitgestap en is nie weer gesien nie. Volgens Bruce Macaulay wat die soektog koördineer, soek meer as 'n honderd mense te voet, per…
‘n Hewige koue front sal na verwagting vandag in die Wes-Kaap aanland. Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) sal dit teen Sondag en Maandag temperature in die Laeveld ook aansienlik laat daal. Weervoorspeller, Lehlohonolo Thobela, sê areas rondom Emakhazeni en die platorand kan moontlik sneeu verwag. Dit sluit in Volksrust, Belfast,…
Die DA in Mpumalanga doen ‘n beroep op die provinsiale Departement van Gesondheid om planne om die begroting vir tuis-sorg te sny, te heroorweeg. LPW Jane Sithole sê dié begroting, wat sorg verskaf aan kritiek siek pasiënte wat nie by klinieke of hospitale behandel kan word nie, is met 60%…
Protesaksie in Lydenburg, Sabie en Graskop duur voort, na lede van die munisipale werkers-vakbond verlede Maandag begin betoog het. Samwu eis dat die burgemeester van Thaba Chweu, Friddah Nkadimeng, en waarnemende stadsbestuurder, Herns Trower, verwyder word. DA-raadslid, Marius Opperman, sê lede van Nehawu het na ‘n spesiale raadsvergadering Maandag by…
‘n 51-jarige man is gisteroggend deur die polisie by ‘n huis in Barberton doodgeskiet. Volgens die polisie het hulle inligting ontvang dat plofstof onwettig in die huis gestoor word. Hulle het die erf betree en alle pogings aangewend om hulself as polisielede te identifiseer. Polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê die…
6 Jul 2023 4AM
1 min
600 – 620
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.