LUR neem Rhandza XiKolo Xa Wena-program na Matibidi

Loading player...
Die Mpumalanga Departement van Onderwys brei sy program uit om gemeenskappe aan te moedig om 'n bydrae te lewer en hul plaaslike skole skoon, veilige leeromgewings te maak.
LUR, Bonakele Majuba, sê skole in Ehlanzeni en Nkangala-distrikte het reeds die inisiatief omarm en nooi die Bohlabela-distrik om dit ook te doen.
Hy sal Donderdag by Matibidi Primary in Thaba Chweu-munisipaliteit help skoonmaak, verf en herstel en 'n groentetuin aanlê.
Ander skole is aangemoedig om plaaslike rolspelers te nooi om mee te doen en eienaarskap van hul skool te neem.
1 Aug 2023 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min