Dr. André Hattingh bly "On Track" op sy trekker

Loading player...
Dr. André Hattingh van Pediatric Care Africa trotseer vandag die koue in die Vrystaat op die trekker waarmee hy besig is om 2 500 km af te lê. Hy poog om deur vyf provinsies met die trekker te ry om nagenoeg R1 miljoen in te samel vir drie behoeftige kinders wat groot operasies benodig. Hulle het vanoggend in 'n ysige Winburg vertrek en oornag vanaand in Clarens. Die groep keer Saterdag terug na Witrivier.
10 Jul 2023 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min