Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
3680 – 3700

Plaaslike rysproduksie onder die loep

Namibië het produksiesones waar rys verbou kan word, maar belegging is dringend nodig om dit op die been te bring, volgens die Namibiese Akkerbouraad. Die raad het kommer oor die land se afhanklikheid van ingevoerde rys, met vraag wat aanhou groei. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Gilbert Mulonda, die…
25 Jul 2025 12AM 1 min

Drie-jaar moratorium op sardyne

Die jongste kabinetsbesluite sluit in dat die totale toelaatbare sardyn-vangs van 10 000 metrieke ton vir die res van die 2025 visvang-seisoen tersyde gestel word vir regeringsdoelstellings. Die kabinet het ook 'n drie-jaar moratorium op sardyn-vangste goedgekeur om die biomassa kans te gee om te herstel. Inligtingminister Emma Theofelus het…
25 Jul 2025 12AM 1 min

Stoei-legende Hulk Hogan dood op 71

Huldeblyke stroom in vir die WWE-legende Hulk Hogan, wat in die ouderdom van 71 dood is. Nooddienste het 'n oproep van sy huis in Clearwater, Florida om 10-uur Donderdagoggend ontvang oor 'n hartstilstand-geval, en hy is later in die hospitaal dood verklaar. Hogan, oftewel Terry Bollea, was die grootste professionele…
24 Jul 2025 11PM 1 min

Acsa tree op na passasier met oefenhandgranate by OR Tambo aanboord gaan

Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika sê hy het onmiddellik stappe gedoen na 'n sekuriteitsbreuk by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng, waar 'n passasier met twee oefenhandgranate aan boord van 'n vlug gegaan het. Die toestelle is eers met aankoms by die Bole Internasionale Lughawe in Addis Abeba in Ethiopië…
24 Jul 2025 11PM 1 min

Metamfetamien, of tik, beskadig manlike vrugbaarheid: studie

Navorsers van die Universiteit van Wes-Kaapland het bevind metamfetamien, in Suid-Afrika algemeen bekend as tik, ernstige skade in manlike vrugbaarheid kan veroorsaak, selfs by kortstondige gebruik. Professor David Fisher het die grensverskuiwende studie gelei. Een van die navorsers in die studie, doktor Chontrelle Willemse, sê hulle het bevind die skadelike…
24 Jul 2025 11AM 1 min

Drie staatmakers terug vir Wallabies

Rugby: Drie sleutelspelers, Will Skelton, Rob Valetini en Dave Porecki, is terug in die Wallabies se span vir Saterdag se tweede toets teen die Britse en Ierse Leeus in Melbourne. Australië hoop om hom self reg te ruk na verlede week se nederlaag van 24-19. Skelton vervang Jeremy Williams wat…
24 Jul 2025 11AM 1 min

Swapo-jeugliga staan bankvas agter NNN

Die Swapo-jeugliga herbevestig sy steun vir president Netumbo Nandi-Ndaitwah na die eerste maande van haar administrasie en die bekendstelling van NDP6. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ephraim Nekongo, die sekretaris van die jeugliga.
24 Jul 2025 10AM 1 min

Plaaslike effektemark 'op deurslaggewende stadium'

Namibië se effektemark betree die tweede helfte van 2025 op 'n deurslaggewende stadium in sy monetêre en strukturele reis, sê Simonis Storm in 'n verslag. 'n Finale rentekoersverlaging word later vanjaar verwag, wat ooreenstem met soortgelyke bewegings in Suid-Afrika voor 'n lang tydperk van stabiliteit. Dit dui op 'n verskuiwing…
24 Jul 2025 10AM 1 min

Verwyder struikelblokke en informele besighede kan formaliseer

Reaksie word ontvang op die regering wat as deel van NDP6 950 informele ondernemings teen 2030 wil formaliseer. Die inisiatief is veral op die klein-en mediumsake-sektor gemik om veerkragtige ekonomiese groei te bevorder. Kosmos 94.1 Nuus het met Danny Meyer van SMEs Compete gepraat, wat positief hieroor is, mits sekere…
24 Jul 2025 10AM 1 min

Almal moet saamwerk teen digitale bedrog

Digitalisering in Afrika se finansiële en versekeringsektore het die risiko van gesofistikeerde bedrog verhoog. In Namibië is swak digitale stelsels 'n verdere risiko, terwyl intydse bedrogopsporing beperk bly. Die bekamping van bedrog verg meer as tegnologie, dit vereis opvoeding, bewustheid en kollektiewe verantwoordelikheid. Ujandja Zatjirua, Old Mutual se forensiese dienstebestuurder…
24 Jul 2025 9AM 1 min

Farrel maak 7 skuiwe vir Leeus teen Aus

Rugby: Die Britse en Ierse Leeus se hoofafrigter, Andy Farrell, het sewe veranderings aangebring aan die span wat Australië Saterdag pak in die tweede toets in Melbourne. Bundee Aki, Ollie Chessum en Andrew Porter is in die beginspan en vervang Sione Tuipulotu en Joe McCarthy, wat beseer is, en Ellis…
24 Jul 2025 9AM 1 min

Redakteursforum stel nuwe Media-ombud aan

Die Redakteursforum van Namibië het dr. Sadrag Shihomeka as die nuwe Media-ombudsman aangestel. Die forum het ook agt paneellede vir die Mediaklagtekomitee benoem. Kosmos 94.1 Nuus het met Selma Ikela, sekretaris-generaal van die forum gepraat.
24 Jul 2025 8AM 1 min

Fokus nou op dienste, groei: Steenhuisen

Die DA-leier John Steenhuisen sê nou dat die begroting aanvaar is, moet die fokus verskuif na dienslewering en die vinnige instelling van noodsaaklike hervormings om ekonomiese groei te ontsluit en werk te skep. Die party het ten gunste van die Toedelingswetsontwerp gestem wat in die parlement bekragtig is. Steenhuisen sê…
24 Jul 2025 8AM 1 min

SA-wetgewers keur Toedelingswetsontwerp goed

Die Nasionale Vergadering het die 2025-2026 Toedelingswetsontwerp goedgekeur. Dit is 'n deurslaggewende stap in die nasionale begrotingsproses. Die wetsontwerp gee die regering toestemming om openbare fondse vir verskeie departemente en dienste aan te wend. Altesaam 262 parlementslede het ten gunste van die wetsontwerp gestem en 90 daarteen, insluitend die EFF…
24 Jul 2025 6AM 1 min

Migrasie: Tories sal Mensregtewet buite toepassing laat

Die Britse Konserwatiewe Party se skadu-minister van binnelandse sake Matt Vickers sê hulle het ‘n plan vir onwettige immigrasie. Hy sê die party sal die Menseregtewet buite toepassing laat en almal wat onwettig aangekom het, deporteer.
24 Jul 2025 6AM 1 min

Swart swaan: Berei voor vir ontwrigting, nie stabiliteit nie

In vandag se onstabiele wêreld kan landbou nie meer op tradisie staatmaak nie, waarsku ekonoom dr. John Steytler. Hy het die opkoms van "swart swaan" uitgelig. Moderne landbou, in sy mening, moenie voorberei vir stabiliteit nie, maar vir ontwrigting. Kosmos 94.1 Nuus het met Steytler gepraat.
24 Jul 2025 6AM 1 min

Vanuatu verdrink, behaal sukses in Den Haag

Die Internasionale Geregshof het bevind dat lande bykomende verpligtinge het om die klimaat te beskerm en stappe te doen om klimaatskade binne en buite hul grense te voorkom. Hierdie verpligtinge spruit voort uit menseregtewetgewing, die seereg en algemene beginsels van internasionale reg. Vanuatu het 'n sleutelrol gespeel in die aanhangigmaking…
24 Jul 2025 6AM 1 min

SS se Jansen versigtig optimisties oor NDP6

Verskeie kommentators is nie baie positief oor die nuut-geloodsde Sesde Nasionale Ontwikkelingsplan nie, met kritiek wat insluit dat die teikens onrealisties is. Daar word ook gesê dat die vorige vyf ontwikkelingsplanne nie veel sinvolle ontwikkeling tot gevolg gehad het nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Almandro Jansen, 'n ekonoom…
24 Jul 2025 6AM 1 min
3680 – 3700