In vandag se onstabiele wêreld kan landbou nie meer op tradisie staatmaak nie, waarsku ekonoom dr. John Steytler. Hy het die opkoms van "swart swaan" uitgelig. Moderne landbou, in sy mening, moenie voorberei vir stabiliteit nie, maar vir ontwrigting. Kosmos 94.1 Nuus het met Steytler gepraat.
Die Internasionale Geregshof het bevind dat lande bykomende verpligtinge het om die klimaat te beskerm en stappe te doen om klimaatskade binne en buite hul grense te voorkom. Hierdie verpligtinge spruit voort uit menseregtewetgewing, die seereg en algemene beginsels van internasionale reg. Vanuatu het 'n sleutelrol gespeel in die aanhangigmaking…
Verskeie kommentators is nie baie positief oor die nuut-geloodsde Sesde Nasionale Ontwikkelingsplan nie, met kritiek wat insluit dat die teikens onrealisties is. Daar word ook gesê dat die vorige vyf ontwikkelingsplanne nie veel sinvolle ontwikkeling tot gevolg gehad het nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Almandro Jansen, 'n ekonoom…
AfriForum het die polisie gekritiseer vir die vertraging van drie maande met die opening van 'n verkragtingsaak van 'n Gautengse vrou wat na bewering bedwelm en aangerand is. Die vrou het 'n buurman vir drankies besoek en later in die Tshwane-distrikshospitaal wakker geword sonder enige herinnering van die nag. Barry…
Die Europese Unie en China hou vandag 'n hoëvlak-beraad in Beijing te midde van spanning met lae verwagtinge vir enige konkrete bilaterale ooreenkomste. Die beraad, wat veronderstel was om 'n tweedaagse aangeleentheid te wees, is ook vroeër vandeesmaand deur Beijing tot 'n enkele dag se geleentheid gekondenseer. President Xi Jinping…
Arbeidsminister Wise Immanuel het vordering aangekondig in die verbetering van werkplekveiligheid deur middel van wetgewende hervormings, insluitend 'n konsepwetsontwerp op Beroepsgesondheid en -veiligheid. Die regering werk saam met vakbonde en sosiale vennote om veiliger, meer produktiewe werkplekke te bou. Immanuel het gepraat tydens 'n werkswinkel van die Internasionale Arbeidsorganisasie, wat…
Die Internasionale Geregshof het beslis state het ʼn regsverpligting om op te tree teen klimaatsverandering, anders word menseregte oortree. Dit sluit die verpligting onder die Parys-verdrag in wat aardverwarming wil beperk tot 1,5-Celsius bo dié voor die nywerheidsera. Die hof het ook bevind ontwikkelende lande het die reg om skadevergoeding…
Die Sekuriteitsvereniging van Namibië het onlangs verskeie versoeke gerig om die sekuriteitsektor te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Celeste Mhunduru, die vereniging se nasionale administrateur, wat 'n opdatering deel.
Die GOOD-party sê die regering mag nie swig onder druk van die VSA nie, selfs al is dit teen 'n prys. Dit volg nadat die Amerikaanse Kongres ’n wetsontwerp goedgekeur het wat kan lei tot nuwe strafhandelstariewe. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron het AfriForum en Solidariteit gekritiseer dat hulle…
Die voormalige hoofregter, Raymond Zondo, sê die vertroue in die Valke om korrupsiesake op te los het vervaag in vergelyking met die ontbinde Skerpioene. Hy het gepraat op die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke se teenkorrupsie-konferensie in Johannesburg. Zondo sê die Valke het nie die vermoë om geregtigheid te lewer nie,…
Ten spyte van 100 hulporganisasies en 28 Europese lande wat die gebrek aan kos in Gaza uitlig en sê dat Israel hulp drupvoed, ontken Israel dit ten sterkste. Israel sê humanitêre hulp word in Gaza toegelaat en beskuldig Hamas dat hulle burgerlike lyding uitbuit. Die Israeliese regeringswoordvoerder David Mencer.
Die Namibiese Korrektiewe Diens se voedselproduksie vorder en die diens het tussen Mei en Junie vanjaar voedsel ter waarde van 13,9 miljoen Namibiese dollar geproduseer by die Divundu-, Oluno- en Hardap-korrektiewe fasiliteite. Kosmos 94.1 Nuus het met Sam Shaalulange, adjunkkommissaris-generaal van die diens gepraat.
Die man wat in November 2022 vier studente van die Universiteit van Idaho vermoor het, Bryan Kohberger, is tot vier keer lewenslank sonder parool gevonnis. Die 30-jarige gewese kriminologie-student het Kaylee Goncalves, Ethan Chapin, Xana Kernodle en Madison Mogen doodgesteek terwyl hulle in hul huis weg van die kampus geslaap…
Die Namibiese kliniese sielkundige Shaun Whittaker sê huil is 'n gesonde emosionele verligting wat help om spanning te verminder en sielkundige genesing te bevorder. Volgens Whittaker help huil die brein om goedvoel-chemikalieë soos endorfiene en oksitosien vry te stel, wat kalmte bring en welstand verbeter. Hy vra veilige ruimtes waar…
Die owerhede doen 'n beroep op getroude paartjies wie se huwelike voor onafhanklikheid in die land voltrek is, om seker te maak dit is wel geregistreer. Dit is omdat 'n groot aantal huwelikregistrasies na onafhanklikheid nie na die amptelike stelsel oorgedra is nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die lynministerie…
Die Bank van Namibië het sy opgegradeerde banknootreeks bekendgestel, tesame met 'n volledig herontwerpte nuwe Namibiese muntreeks, wat die 35 jaar bestaan van die sentrale bank herdenk. 'n historiese mylpaal in die bank se 35-jaar lange reis aandui. Die bank het ook 'n 20-sent-muntstuk bekendgestel en die uitfasering van die…
Erik Menendez is gediagnoseer met 'n ernstige mediese toestand, het sy prokureur, Mark Geragos, aan verskeie Amerikaanse nuusorganisasies gesê. Dit kom net 29 dae voor die paroolverhoor van hom en sy broer, Lyle Menendez. Hulle is al 35 jaar in die tronk in San Diego nadat hulle hul ouers in…
AfriForum het die goedkeuring van 'n wetsontwerp van die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers se komitee verwelkom wat tot geteikende sanksies teen korrupte Suid-Afrikaanse politici kan lei. Ernst van Zyl van AfriForum sê die Hersieningswet op Amerikaans-Suid-Afrikaanse Bilaterale Betrekkinge van 2025, wat deur die kongreslid Ronny Jackson ingestel is, is daarop…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.