Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
3460 – 3480

Min beweegruimte vir Shafudah in middeltermynbegroting

Die finansminister het laat begin met die voorlesing van die middeltermynbegroting en dit wil voorkom asof sy min beweegruimte het. Ericah Shafudah sê daar is ‘n verlangsaming in globale ekonomiese groei vooruitskattings, ook vir Afrika suid van die Sahara.
21 Oct 2025 10AM 1 min

Tweede M-pokke geval in Swakopmund aangemeld

Namibië het sy tweede geval van M-Pokke aangeteken. Beide gevalle is in Swakopmund aangemeld, terwyl 'n ander persoon in Rundu vermoedelik die siekte onder lede het. Dit is deur die gesondheidminister, Esperance Luvindao, in die Nasionale Vergadering aangekondig.
21 Oct 2025 10AM 1 min

Ons moet praat oor uitwissing van geringe kriminele rekords

Die regering word aangespoor om 'n stelsel vir die uitwissing van geringe kriminele rekords in werking te stel, soos in Suid-Afrika en vele ander lande. Kommentators sê mense met rekords vir geringe misdade, dikwels gepleeg toe hulle baie jonk was of baie jare gelede, kan nie werk kry nie, omdat…
21 Oct 2025 10AM 1 min

M-pokke verg vinnige aksie: oud-gesondheidminister

In die nasleep van Namibië se M-pokke-geval wat in Swakopmund aangemeld is, sê voormalige minister van gesondheid en mediese dokter Bernard Haufiku dat maatreëls getref moet word om die uitbreking te beperk. Die gesondheidsministerie sê daar is tot dusver slegs een bevestigde geval met 44 kontakte, waarvan vyf as hoë…
21 Oct 2025 8AM 1 min

Mchunu ontken hy ken vir 'Cat' Matlala

Die geskorste minister van polisie, Senzo Mchunu, het voor die parlement se ad hoc-komitee enige verbintenis met die omstrede sakeman, Vusimuzi “Cat” Matlala, ontken. Mchunu het aan parlementslede gesê dat hy Matlala nog nooit ontmoet of met hom gepraat het nie, en verklaar dat sy prokureurs 'n beëdigde verklaring van…
21 Oct 2025 8AM 1 min

Kommissie hoor moordverdagte Lucky Molefe is steeds soek

Getuie A het aan die Madlanga-kommissie gesê die soektog na die neef van die omstrede sakeman Katiso “KT” Molefe, Lucky Molefe, is nog nie afgehandel nie. Katiso word beskuldig van tenderbedrog en die moord op DJ Sumbody, en is tans uit op borgtog van 400-duisend Suid-Afrikaanse rand. Getuie A sê…
21 Oct 2025 8AM 1 min

Kommer oor grondwet-planne in Zimbabwe

Zimbabwe se regerende Zanu-PF-party beplan om die grondwet te wysig om president Emmerson Mnangagwa, 83, se termyn met twee jaar tot 2030 te verleng, 'n stap wat opposisiepolitici as onwettig veroordeel. Die resolusie kom te midde van 'n opvolgstryd binne die party. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Suid-Afrikaanse…
21 Oct 2025 8AM 1 min

Moet prins Andrew krimineel ondersoek word?

Prins Andrew bly in die nuus, veral met Virginia Giuffre se memoir wat vandag vrygestel is. Sy het hom beskuldig en Jeffrey Epstein van jare lange misbruik. Daar is vrae oor of die Britse Metro-polisie ‘n kriminele ondersoek na Andrew se betrokkenheid moet las. SkyNews het die handelsminister Peter Kyle…
21 Oct 2025 6AM 1 min

Aanvalle op misdaadvoorkomingsbeamptes in SA wek groot kommer

ActionSA in Gauteng sê die onlangse aanvalle op misdaadvoorkomingsbeamptes beklemtoon ernstige stelsel-mislukkings deur die provinsiale regering. ʼn Beampte van die Misdaadvoorkomingseenheid in Germiston is verlede week geskiet toe hy op ʼn rooftog gereageer het. Verlede maand is vyf beamptes in die hospitaal opgeneem nadat 12 gewapende verdagtes hulle in Daveyton…
21 Oct 2025 6AM 1 min

Cran verduidelik selfone wat gekonfiskeer word

Die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, het verduidelik dat die tipegoedkeuringsvereiste vir elektronika by grensoorgange slegs van toepassing is op invoerders, en nie persoonlike toestelle nie. Dit kom nadat NamRA tussen April 2024 en Julie 2025 meer as 1 500 fone van buitelandse passasiers gekonfiskeer het, omdat hulle nie die nodige…
21 Oct 2025 6AM 1 min

Begroting: Inkomste sal na verwagting daal...

Die middeltermynbegroting word vanmiddag ter tafel gelê deur die minister van finansiesEricah Shafudah. Weens die afswaai in die diamantbedryf is daar kommer oor inkomste. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus Ekonoom Robert McGregor gepraat wat sy verwagting gee.
21 Oct 2025 6AM 1 min

SRT sê oor renosterkoei se stroop, mynbouers met strikke en hoofde wat mynbou bevorder

Mynbouaktiwiteite in die Goantagab-gebied, suidoos van Twyfelfontein in die Kunene-streek geleë, hou steeds 'n ernstige bedreiging vir plaaslike wildlewe in. Simson Uri-Khob, uitvoerende hoof van Save the Rhino Trust, het gewaarsku dat die risiko van stropery steeds hoog bly, aangesien mynwerkers al gevang is met strikke. Sy kommentaar volg op…
21 Oct 2025 6AM 1 min

Geestesgesondheid: Waar is die fasiliteite, gesondheidswerkers?

Die geestesgesondheid wetsontwerp is ingedien, maar Namibiërs word weereens bewus gemaak van die tekort aan menslike hulpbronne in die staatsdiens om die kwessie aan te spreek. Linekela Kalimba, senior geestesgesondheid programleier in die gesondheidministerie, gee 'n oorsig oor die klein aantal geestesgesondheidwerkers. Sy het onlangs by die inligtingministerie gepraat.
21 Oct 2025 5AM 1 min

ANC looi DA oor swart ekonomiese bemagtiging

Die ANC sê die beleid oor breed-gebaseerde swart ekonomiese bemagtiging sal nie geskrap word nie. Dit volg terwyl die DA beplan om ʼn Wetsontwerp op Ekonomiese Insluiting vir Almal in te stel om SEB-wetgewing te vervang. Die party sê die wetsontwerp beoog om ʼn verkrygingstelsel te skep wat ware ekonomiese…
21 Oct 2025 5AM 1 min

Venus-impakstudie voltooi, belanghebbendes moet toetree

SLR Environmental Consulting het sy konsep-omgewings- en sosiale impakstudie en omgewingsbestuursplan vir die voorgestelde projekontwikkeling van die Venus-olieveld in Blok 2913B in PEL 56 langs die Namibiese suidkus voltooi. TotalEnergies bedryf die blok saam met sy gesamentlike ondernemingsvennote Namcor, QatarEnergy en Impact Oil and Gas. Die projek beoog onder andere…
21 Oct 2025 4AM 1 min

Matrieks moet hulle eksamens eerlik hou

Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta het matrieks gevra om eerlikheid en integriteit te handhaaf tydens die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen wat vandag begin. Makaneta het die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, geprys oor haar leiding met die belofte om etiese gedrag in skole te bevorder. Hy het leerders aangemoedig om gefokus…
21 Oct 2025 4AM 1 min

Australië en VSA onderteken kritieke minerale ooreenkoms

President Donald Trump en die Australiese premier Anthony Albanese het 'n kritieke mineraal-ooreenkoms onderteken. Dit is daarop gemik om China se pogings vir die verskerping van beheer oor sy wêreldwye voorraad, teen te werk. China beheer tans ongeveer 70-persent van die ontginning van seldsame aardmetale en 90-persent van die verwerking…
21 Oct 2025 3AM 1 min

Kommer oor koste, impak van SA se energieplan

The Green Connection waarsku die regering se fokus op gas- en kernenergie kan die koste van elektrisiteit vir die verbruiker opjaag. Dit volg na die aanbieding van die geïntegreerde hulpbronplan van 2 triljoen Suid-Afrikaanse rand deur die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa. Liz McDaid van die omgewingsgroep sê…
21 Oct 2025 3AM 1 min

Van Zyl praat oor groter dwelmvondse in die land

NamPol het onlangs weer twee groot dwelmbeslagleggings gemaak. Twee mense is in Hentiesbaai gearresteer na groot hoeveelhede dwelms ter waarde van 618 910 Namibiese dollar in hul huis gevind is. Oor die naweek het Ariamsvlei-grensbeamptes dwelms van sowat 3,5 miljoen dollar onder 'n bruggie naby die grens gevind. Kosmos 94.1…
21 Oct 2025 2AM 1 min
3460 – 3480