Die minister van Verdediging, John Healey, sê Brittanje is gereed om soldate in Oekraïne te ontplooi indien president Donald Trump van Amerika ʼn vredesooreenkoms met Rusland bereik. Trump en die Russiese president, Vladimir Putin, beplan om binne die volgende paar weke in Hongarye te ontmoet om ʼn einde te bring…
Die chaos wat wêreldwyd veroorsaak is na Amazon se wolkdienste vir 'n aantal ure heeltemal onbeskikbaar is, het Maandagaand gedeeltelik voortgeduur. Meer as 'n duisend maatskappye is geaffekteer, volgens Downdetector, met 6,5 miljoen verslae van gebruikers wat probleme ondervind. Dit sluit in meer as 'n miljoen verslae in die VSA,…
Die UDM-vroueorganisasie sê tot die land se paroolstelsel herbou word op die beginsels van aanspreeklikheid en deursigtigheid, bly dit ʼn gevaar vir die mense wat dit veronderstel is om te beskerm. Die ouditeur-generaal se onlangse bevindings oor swakhede in die Departement van Korrektiewe Dienste ontbloot ernstige en voortslepende leemtes in…
Die Walvis Bay Truck Park and Staging Area het 'n moderne kaartjie- en skeduleringstelsel bekend gestel wat vragmotortoegang tot die hawe en belangrike logistieke terminale reguleer. Die fasiliteit sal ook veilige parkering, rusareas en noodsaaklike dienste vir bestuurders bied, wat sal help om orde op openbare paaie te herstel en…
Die regering sal jaarliks 5 miljard Namibiese dollar bestee om die gratis tersiêre onderwysbeleid te bevorder. Die 100 persent tersiêre onderwyssubsidie is deel van die regerende Swapo se manifes en beleidsdokument. Volgens Swapo is die teiken om klasgeld teen 2028 by alle staatsbeheerde hoër onderwysinstellings en TVET-sentrums uit te skakel…
Reaksie word ontvang op kommentaar deur die LP en voormalige landbouminister, Alpheus !Naruseb, wat op die kantlyn van die 151ste Interparlementêre Unievergadering in Genève, Switserland gesê het dat toegang tot grond die enigste manier is waarop voedselsekerheid bereik kan word. Kosmos 94.1 Nuus het met die landboukenner Wallie Roux gesels,…
Die DA sê die huidige Swart Ekonomiese Bemagtigingsmodel het 'n kerndrywer vir korrupsie geword. Die party sê Suid-Afrikaners sien dit in die grootskaalse plundering van ongeveer 2 miljard Suid-Afrikaanse rand uit die Tembisa-hospitaal, en die moord op die Stad Ekurhuleni se hoofouditeur, Mpho Mafole, na bewering oor 'n tender vir…
Diplomatieke pogings is voluit aan die gang om die Gaza-skietstilstand op koers te hou, na oor-en-weer aanvalle oor die naweek. Amerikaanse president Donald Trump het na hy Australiese eerste minister Anthony Albanese by die Withuis verwelkom het, by 'n perskonferensie gesê hy dink nie Hamas se leierskap was vir die…
Parlementslid en voormalige landbouminister, Alpheus !Naruseb, sê voedselsekerheid kan slegs werk as mense toegang tot grond het. Hy het gevra vir meer pogings wat verseker dat billike toegang tot grond vir elke Namibiër verseker word. !Naruseb het gepraat by 'n werkswinkel deur die Parlementêre Staande Komitee oor Armoede, getiteld "Die…
Sokker: Liverpool se bestuurder, Arne Slot, is gefrustreerd oor sy span se swakhede, en sê hulle moet hul puntetelling en verdediging verbeter, veral in die vaste fasette. Die heersende Premierliga-kampioen het gister sy vierde agtereenvolgende nederlaag in alle kompetisies gely toe hy op Anfield 2-1 teen Manchester United verloor het…
Die Auas Hills aftreeoord hou 'n markdag op 8 November om fondse in te samel vir senior burgers. Die dag beloof om heerlik te wees met talle stalletjies. Kosmos 94.1 Nuus het met Elsabe Steenkamp van die Auas Hills aftreeoord sosiale klub, gepraat.
Die Verkiesingskommissie het na die nominasie van kandidate op 16 Oktober, Donderdag, foutiewelik 'n Swapo kandidaat aangestel by die Nkurenkuru kiesafdeling. Volgens hulle was daar net 'n Swapo lid wat vir die kiesafdeling genomineer was. Die kommissie het in 'n verklaring gesê daar gaan korrektiewe stappe geneem word om die…
Twee sake is teen die aktivis Shaun Gariseb aanhangig gemaak nadat hy saam met 'n groep ontevrede inwoners verlede Maandag menslike afval by die Stad Windhoek se kliëntedienssentrum in Katutura gestort het. Die aanklagte, wat Vrydag deur die Windhoek Stadspolisie gelê is, sluit in aanhitsing tot openbare geweld en openbare…
Amerikaanse visepresident JD Vance is op pad na Israel om te verseker dat die tweede fase van die skietstilstand geïmplementeer word. Dit kom na skermutselings die naweek tussen Hamas en die IDF. Daar is reuse-uitdagings om vrede te bewaar, maar Vance sê die naweek se gebeure is te verwagte.
Die Ohlthaver en List Groep het aangekondig hy het sy aandele in Cleanergy Solutions Namibia verkoop aan H2InfraNV, 'n filiaal van CMB.TECH wat die eienaars van die res van die aandele is. Die transaksie moet nog goedgekeur word deur die Namibiese Mededingingskommissie. Kosmos 94.1 Nuus het met Sven Thieme, die…
Die Kaapse Onafhanklikheidsparty het ʼn strafsaak teen die Stellenbosch-munisipaliteit geopen en beskuldig amptenare dat hulle onwettige ontwikkelings in die Botmaskop-natuurgebied goedkeur. Die party sê die munisipale bestuurder, Geraldine Mettler, het toegelaat dat paaie, rioolpyplyne en ander infrastruktuur op die beskermde grond opgerig word sonder wetlik-vereiste omgewingsgoedkeuring. Karl Bodin van die…
Die finansministerie het aangekondig dat hy digitale oplossings versnel om te verseker dat betaling vir alle regeringsdienste ten volle digitaal word. Dit is vanoggend deur die uitvoerende direkteur in die ministerie, Michael Humavindu, by die FinTech Futures 2025-forum in Windhoek gesê. Humavindu sê namate die finansiële sektor voortgaan om te…
Die vakbondfederasie, Saftu is bekommerd oor 'n nuwe sindikaat wat noodsaaklike medisyne van openbare gesondheidsgeriewe steel en dit onwettig na naburige lande vervoer. Dit volg na houers met teen-retrovirale medikasie en ander farmaseutiese produkte op die toneel van verlede Sondag se noodlottige busongeluk in Limpopo gevind is. Saftu se hoofsekretaris,…
AfriForum het kommer uitgespreek oor die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se gebrek aan deursigtigheid wat die ontplooiing van soldate in die Demokratiese Republiek die Kongo betref. Die organisasie het in Februarie vanjaar 'n versoek aan die SANW gestuur en dokumente aangevra wat die ontplooiing in die DRK regverdig, besonderhede oor die…
20 Oct 2025 6AM
1 min
3480 – 3500
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.