Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
3440 – 3460

Getuie A betrek Malema in Madlanga-getuienis

Getuie A het aan die Madlanga-kommissie gesê die sakeman Katiso “KT” Molefe, wat beskuldig word van moord, tenderbedrog en beweerde bande met die 'Groot Vyf'-misdaadkartel, word verbind aan 'n groep van vyf mense betrokke by mynbou in Noordwes. Hy sê een lid, 'n man bekend as Ze van Sandton, is…
22 Oct 2025 4AM 1 min

NAC presteer goed, nog nuwe roetes op pad

Die Namibië Lughawensmaatskappy het wins aangeteken in die vorige boekjaar. Die maatskappy skryf die sukses toe aan internasionale vlugte wat toeneem, en meer groei word verwag. In die komende jaar gaan Edelweiss en Proflight direkte vlugte van Namibië na Zurich en Lusaka aanbied. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder…
22 Oct 2025 4AM 1 min

Lynministerie het vordering met landbou gemaak

Finansminister Ericah Shafudah, het die voltooiing van 63 boorgate en 'n landwye vee-inentingsveldtog aangekondig, as deel van mediumtermyn-begrotingsopdaterings. Groot waterprojekte, insluitend gronddamme in sleutelstreke, is ook op koers vir voltooiing teen die einde van die jaar.
22 Oct 2025 3AM 1 min

Trump sê hy wou verkwiste vergadering met Putin vermy

President Donald Trump sê sy vergadering met sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, is af omdat hy nie ‘n verkwiste vergadering wou hê nie. Dit Withuis sê die twee sal nie binnekort sal ontmoet nie. Die twee leiers het verlede week ná ʼn telefoongesprek wat Trump as uiters reguit en produktief…
22 Oct 2025 3AM 1 min

Hernubare energie onder die loep

Namibië is die gasheer van vanjaar se Internasionale Konferensie van Sirkulêre ekonomie, Hernubare energie en Groenwaterstof in Afrika. Die konferensie beoog om gesprekke in Afrika aan te moedig om moderne en volhoubare energie bronne te implementeer. Die konferensie vind in die hoofstad plaas en sluit in akademici van regoor Afrika…
22 Oct 2025 2AM 1 min

Vlootrekrute lei honger in Simonstad

Die DA het sy verontwaardiging uitgespreek oor berigte dat 130 vlootrekrute by die SAS Saldanha-opleidingsbasis honger ly en swak akkommodasie het. Die DA se Nicholas Gotsell sê dit ontbloot diepgaande sistemiese mislukkings in die verdedigingsleierskap. Die rekrute het na bewering maande lank op die minimum rantsoene oorleef te midde van…
22 Oct 2025 2AM 1 min

GOOD sê Nsfas-geld word vir aanlyndobbel gebruik

Die GOOD-party sê onlangse berigte wat onthul dat sommige studente hulle toelae van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente gebruik om aanlyn te dobbel is nie net tragies nie, maar 'n simptoom van 'n baie dieper krisis. Dobbel, wat hoofsaaklik gedryf word deur toenemende digitale toeganklikheid, het op 'n jaar…
22 Oct 2025 1AM 1 min

Vance is positief oor skietstilstand in Gaza

Amerika se visepresident JD Vance is positief oor die Israel-Hamas-skietstilstand en sê dis op ʼn baie goeie plek. Hy is op besoek aan Israel om die brose skietstilstandooreenkoms te ondersteun. Die skietstilstand wankel onder herhaalde skendings sedert dit op 10 Oktober tot stand gekom het. Hamas het sedertdien twee Israelse…
22 Oct 2025 1AM 1 min

M-Pokke: So lyk ons gereedheid, of nie...

Namibië se tweede geval van M-pokke is in Swakopmund aangemeld. Gesondheidminister Esperance Luvindao, wat die aankondiging in die parlement gemaak het, is gevra of die streke voorbereid is en wat die begroting is om M-pokke te beveg. Luvindao het soos volg geantwoord, of nie…
22 Oct 2025 1AM 1 min

Konstruksie sal dalk verligting kry met repokoers wat af is

Die onlangse repokoersverlaging sal na verwagting 'n beskeie hupstoot aan konstruksie- en eiendomsbeleggings gee deur laer leenkoste en verbeterde kredietbekostigbaarheid. Almandro Jansen, ekonoom van Simonis Storm, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat strukturele teenwinde soos verhoogde konstruksie-insetkostes en ingevoerde materiale steeds uitdagend is en grootskaalse beleggings afskrik.
22 Oct 2025 12AM 1 min

Belastinghervormings eers volgende jaar gereed

Daar was verwagtinge dat belastinghervormings deel sou vorm van die middeltermynbegroting wat Dinsdag in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê is. Die finansminister het van die hervormings uitgelig…
22 Oct 2025 12AM 1 min

Risikobepalings nodig na brandbestryders in Soweto aangeval is

Die UDM versoek die regering om personeelveiligheid eerste te stel deur dringende risikobepalings in munisipaliteite uit te voer. Die party sê brandbestryders is hierdie week aangeval toe hulle reageer het op 'n brand in 'n plakkershut in die Elias Motswaledi informele nedersetting in Soweto. Die UDM se waarnemende sekretaris-generaal, Zandile…
21 Oct 2025 11PM 1 min

Putin speel met Trump - kenner

Die ontmoeting van Amerikaanse president Donald Trump en Rusland se Vladimir Putin volgende week in Hongarye is van die tafel af. 'n Withuis-amptenaar sê daar is geen planne vir 'n ontmoeting in die nabye toekoms nie. 'n Voorbereidende vergadering tussen die Amerikaanse buitelandse sake-minister Marco Rubio en sy Russiese eweknie…
21 Oct 2025 11PM 1 min

Begrotingstekort styg met 2% na 4%

Daar is ‘n begrotingstekort. Tydens haar middeltermyn-begroting het die finansminister Ericah Shafudah gesê die regering het 89,1 miljard Namibiese dollar verdien maar, 100,1 miljard dollar bestee.
21 Oct 2025 11AM 1 min

TLU-SA steun vervanging van SBE

Die landbouorganisasie TLU SA verwelkom die hernude openbare bespreking oor die ware gelykheid en inklusiewe ekonomiese groei. Dit volg na die DA begin het om druk uit te oefen vir die vervanging van die swartbemagtigingsbeleid deur die instelling van die Wetsontwerp op Ekonomiese Insluiting vir Almal. Die party sê die…
21 Oct 2025 11AM 1 min

Bevrieste staatsdiensteposte 'n dilemma vir graduandi: Nanso

Reaksie kom steeds in oor die vul van die meeste staatsdiensposte wat bevries is weens begrotingsbeperkings. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jessy Abraham van die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, wat sê hulle is diep bekommerd oor waar graduandi nou werk gaan kry.
21 Oct 2025 10AM 1 min
3440 – 3460