Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
2780 – 2800

ANC steeds hul vennoot, sê SAKP

Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party sê hulle beskou die ANC steeds as vennoot, ondanks planne om onafhanklik aan die 2026-plaaslike verkiesing deel te neem. Woordvoerder Mbulelo Mandlana het aan SABC News gesê die alliansie is gewortel in 'n breër politieke program wat verder strek as verkiesings. Mandlana het erken dat die…
31 Aug 4AM 1 min

Kwartmiljoen sterf weens geweld in SA

Action Society sê die moordsyfer in Suid-Afrika is tans hoër as die sterftes deur wêreldwye terrorisme. Die burgerregtegroep sê verlede jaar is meer as 26 000 mense vermoor, byna vier keer meer as die dodetal weens wêreldwye terreur. Juanita du Preez van Action Society waarsku geweldsmisdaad het in die afgelope…
31 Aug 3AM 1 min

SA belê R52 miljard in nuwe kragfasiliteite

Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika het 111 nuwe opwekkingsfasiliteite in die eerste kwartaal van 2025/26 geregistreer om die energiesektor 'n hupstoot te gee. Dit beloop altesaam1 916 megawatt met 'n geraamde belegging van 51,9 miljard rand. Nersa-woordvoerder Charles Hlebela sê die energiereguleerder het 'n gemiddelde ommeswaai van elf werksdae behaal,…
31 Aug 2AM 1 min

Motorsport: Tydrenuitslae van Grootfontein

Net agt uit die 12 inskrywings in die Shell V-Power/M+Z nasionale tydrenkampioenskappe op Grootfontein kon die mas opkom. Dié tydren oor 10 trajekte het Saterdag op die noordedorp plaasgevind. Francois Lottering van MotorMedia Namibia het die uitslae:
31 Aug 1AM 1 min

Interdik teen taxiverenigings in Wes-Kaap

Die Wes-Kaapse LUR vir mobiliteit, Isaac Sileku, het die Hooggeregshof se dringende interdik teen die Cape Amalgamated Taxi Association en die Cape Organisation for the Democratic Taxi Association verwelkom ná voorvalle in Philippi-Oos, Khayelitsha en Macassar, waarin vyf mense dood en nege beseer is. Sileku sê dit dwing nakoming af…
31 Aug 12AM 1 min

Motorsport: Die stof staan op Grootfontein!

In motorsportnuus is die Shell V-Power M&Z-tydren in volle swang op Grootfontein. Dit is die vierde been van die nasionale kampioenskappe. Twaalf spanne het ingeskryf, maar een moes reeds onttrek. Francois Lottering van MotorMedia Namibia het meer: 
30 Aug 6AM 1 min

Wysigings oor beslagleggings verwelkom

Voormalige ombudsman John Walters het die langverwagte veranderinge aan eiendomsbeslagleggingswette geprys. Leners moet nou in kennis gestel word, in die hof aangehoor word, en eiendomme kan nie onder markwaarde verkoop word sonder twee onafhanklike waardasies nie. Dit, het Walters aan Kosmos 94.1 Nuus gesê, verdien applous.
30 Aug 5AM 1 min

Antwoorde steeds gesoek oor Swapo-gate

Vandag is die Internasionale Dag van die Slagoffers van Gedwonge Verdwynings. Hierdie Verenigde Nasies-herdenking beklemtoon die ernstige ongeregtighede en lyding wat aan slagoffers en hul families wêreldwyd veroorsaak word, en om aksie te bevorder om dié misdaad teen die mensdom te voorkom. Dr. Leefa Martin 'n oorlewende van Swapo se…
30 Aug 5AM 1 min

Jong Namibiër bereik Noordpool-mylpaal

Teaghan Beresford, ‘n 15-jarige Swakopmunder, het die eerste Namibiër geword om die Noordpool te besoek. Sy was deel van ‘n 66 skoolkinders van 21 lande wat gekies is om aanboord ‘n Russiese kern-ysbreker na die Noordpool se reis vir die sesde internasionale artiese ekspedisie, of te wel die “Icebreaker of…
30 Aug 3AM 1 min

Polisieminister in SA soek verslag oor politieke moorde

Die minister van polisie, Firoz Cachalia, het 'n gedetailleerde verslag van die nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola oor die taakspan vir politieke moorde aangevra. Dit volg ná die terugbesorging van 121 dossiers aan die span te midde van bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi. Cachalia sê die saak is van…
30 Aug 2AM 1 min

Pediatriese terapiesentrum open in Swakop

Die Beyond Barriers pediatriese terapiesentrum, 'n eerste van sy soort in die SADC-streek, open vandag sy deure in Swakopmund, wat 'n geskiedkundige stap nader aan inklusiewe gesondheidsorg en hoop vir kinders met verskillende neurogestremdhede en hul gesinne aandui. Kosmos 94.1 Nuus het met Anthea Kostin, medestigter van Beyond Barriers, gepraat.
30 Aug 1AM 1 min

Copps 94.1: Besige Vrydagaand in Windhoek

‘n Aanranding en motorongeluk was van die insidente wat die Copps 94.1-span Vrydagaand in Windhoek moes hanteer. Kosmos 94.1 se Darren Smith was op die toneel en doen verslag:
29 Aug 11PM 1 min

Dís hoekom kinders nie deur politici gebruik moet word nie

Meer inligting is bekend oor die kommentaar deur die Studente-unie van Namibië wat die gebruik van skoolleerders deur politici vir persoonlike gewin veroordeel. Die unie se voorsitter Bernard Kavau waarsku dat dit die kinders kan blootstel aan afknouery. Hy verduidelik in ‘n onderhoud met die nasionale uitsaaier.
29 Aug 11AM 1 min

Aksie teen indringerplante op Tuinroete begin

Die Tuinroete-munisipaliteit het ʼn splinternuwe platform geskep om indringerplante uit te roei. Die platform het ʼn waagmoedige, voorlopige visie om 30-persent van die indringerplante op die Tuinroete teen 2030 uit te wis. Dit sal die bewaring van biodiversiteit, watersekerheid en vermindering van veldbrande ondersteun. Burgemeester Andrew Stroebel sê indringerplante het…
29 Aug 11AM 1 min

Women at Work geprys vir sy werk onder vroue

Die Capricorn-stigting het 300 000 Namibiese dollar aan die Women at Work-opleidingsentrum geskenk, wat die totale ondersteuning sedert 2022 op 1,5 miljoen dollar te staan bring. Die sentrum, wat in 2009 gestig is, lei ongeskoolde vroue op in gasvryheid, kleremaak en lewensvaardighede. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Danny Meyer…
29 Aug 10AM 1 min

Agribank ly eerste verlies in 5 jaar, wil boere bystaan

Agribank het in 2024 'n verlies van 19 miljoen Namibiese dollar gely, die eerste in vyf jaar, met agterstallige lenings wat tot 34 persent van sy portefeulje van 3,1 miljard dollar gestyg het. Ten spyte van rekord-rente-inkomste en stygende uitbetalings, het kredietverswakkings en koste die prestasie getemper. Agterstallige skuld oorskry…
29 Aug 10AM 1 min

'Ngungula' skaad die ekonomie en ontwikkeling

Die smokkel van goedkoop brandstof uit Angola, of “ngungula”, het Namibië se Nasionale Energiefonds die afgelope vyf jaar 300 miljoen Namibiese dollar gekos, het amptenare by die Ongwediva Jaarlikse Handelskou onthul. Daar word uiteraard nie belasting en heffings op verkope betaal nie. Owerhede sê die onwettige handel, veral in die…
29 Aug 10AM 1 min

Energieministerie verduidelik brandstofprys-besluit

Wêreldwye oliemarkverskuiwings in Julie het veroorsaak dat oliepryse gedaal het. Ten spyte van stygende vragkoste as gevolg van spanning in die Midde-Ooste, het 'n sterker Namibiese dollar gehelp om invoerdruk te verlig. Die energieministerie het aangekondig dat September se brandstofpryse onveranderd sal bly, met onderverhalings wat deur die Nasionale Energiefonds…
29 Aug 10AM 1 min

Bipa verduidelik deregistrasie van besighede

Na talle oproepe vir nakoming en inligtingsessies het Bipa vandag begin met die eerste deregistrasie van 1 000 besighede landwyd, omdat voordelige eienaarskap nie verklaar is nie. Daar sal maandeliks 1 000 van die 137 000 gederegistreer word. Waarnemende uitvoerende hoof van Bipa, Aina Kaundu.
29 Aug 8AM 1 min
2780 – 2800