Die vakbondfederasie, Saftu, het kommer uitgespreek oor die energiereguleerder, Nersa, se skikkingsooreenkoms van 54-miljard Suid-Afrikaanse rand met Eskom. Dit volg nadat Nersa ʼn fout begaan het in die berekening van die kragvoorsiener se inkomste vir die huidige en volgende twee boekjare. Ná die prysbepaling se hersiening verhoog die tarief in…
AfriForum sê hy is sterk gekant teen Mzwanele Manyi van die MK-party se voorgestelde 22ste Wysigingswetontwerp op die Grondwet. Die privaatlid-wetsontwerp wil Artikel 25 van die Grondwet herskryf en herdefinieer hoe grond en natuurlike hulpbronne besit en bestuur word. Dit stel voor alle grond en natuurlike hulpbronne word gesamentlik deur…
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê Israel se eerste stappe vir ʼn militêre oorname van Gazastad is ʼn nuwe en gevaarlike fase en waarsku teen verwoestende gevolge. Volgens berigte is minstens 62 260 mense, insluitend kinders, sedert Oktober 2023 dood in Israelse aanvalle op Gaza. Guterres sê Israel…
Frankryk, Duitsland en die Verenigde Koninkryk het Donderdag 'n meganisme aan die gang gesit om sanksies teen Iran te hervat, na 'n reeks vergaderings nie daarin geslaag het om 'n ooreenkoms oor die Iranse kernprogram te bereik nie. Die drie Europese lande, bekend as die E3, waarsku Teheran al vir…
Die nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola, sê oorgrensmisdaad is besig om toe te neem en hy doen 'n beroep vir groter samewerking deur Interpol. Masemola het by die Interpol Afrika-streekkonferensie in Kaapstad die behoefte vir Afrikastate benadruk om saam te staan, beginnende by die SAOG. Afgevaardigdes het benadruk dat dwelmvervaardigers en…
Savanna Beef het sy eerste toets verslagting uitgevoer om die slaglyn te toets. Dit het ten doel gehad om die funksionaliteit van alle toerusting te evalueer, nuwe personeel op die slaglyn op te lei, en hulle vertroud te maak met die nuutste masjinerie, data-opnamestelsels en sagteware. 'n Ierse tegniese span,…
Welgestelde individue, insluitend Suid-Afrikaners kyk toenemend na Namibië vir groter sekuriteit, langtermynverblyf, beleggingsvooruitsigte en eiendomsgeleenthede. Hierdie tendens word uitgelig in die Africa Wealth Report, wat 'n merkbare toename in die aantal individue met 'n hoë netto waarde in Namibië oor die volgende dekade voorspel. Kosmos 94.1 het met ekonoom Dawie…
Die Basiese Inkomstetoelaagkoalisie verwelkom dat die finansministerie nul-BTW op sommige noodsaaklike goedere oorweeg, maar waarsku dat dit nie 'n plaasvervanger vir direkte inkomsteondersteuning vir behoeftige huishoudings is nie. Die koalisie voer aan dat BTW-vrystellings alle verbruikers bevoordeel, insluitend welgestelde huishoudings, en sodoende die impak vir die kwesbaarstes verwater. Kevin Wessels…
Lede van die Okahandja-gemeenskap het onderneem om jeugdiges te prioritiseer aangesien jare van verwaarlosing baie van hulle ledig op straat gelaat het met min hoop of geleenthede. Hulle beklemtoon dat tensy dringende stappe geneem word om jongmense te bemagtig met onderwys, vaardigheidsontwikkeling en gemeenskapsprogramme, die dorp die risiko loop om…
Die Nasionale Vervolgingsgesag se Batebeslagleggingseenheid sê hy word bygestaan deur internasionale finansiële instellings om geld wat die Guptas van die staat gesteel het, terug te kry. Volgens die Staatskapingskommissie het die staat sowat 72,3 miljard Suid-Afrikaanse rand aan die Guptas se misdaad-ryk betaal. Die nasionale adjunkdirekteur van openbare vervolgings, Ouma…
Die DA in Limpopo sê onwettige sandmynbou langs die Sandrivier benadeel die omgewing, die watergehalte en boere se lewensbestaan. Boere en landelike gemeenskappe ondervind ernstige probleme met besproeiing en toegang tot water. Die party sê dit lyk asof baie bedrywighede die behoorlike openbare deelnameprosesse omseil het. Die DA-lid, Jacques Smalle,…
Die waarnemende Amerikaanse prokureur-generaal van Minnesota, Joseph Thompson, sê die aanvaller wat Woensdag tydens die Mis by Annunciation Catholic School in Minneapolis begin skiet het, was behep met die idee om kinders dood te maak. Robin Westman het deur die vensters van die Annunciation Church op die kinders losgebrand terwyl…
Die Activists and Citizens Forum sê president Cyril Ramaphosa het die mense van Suid-Afrika in die steek gelaat. Dit volg na inwoners van Westbury in Johannesburg, Gauteng, die week die strate ingevaar het oor 'n gebrek aan skoon drinkwater en ander basiese dienste. Dennis Bloem van die forum voer aan…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah is steeds op besoek in die noorde van die land na die Heldedag vieringe op Katima Mulilo. Sy het besoek afgelê aan 'n paar groen skema-projekte om vordering te inspekteer, uitdagings te assesseer en vennootskappe te versterk. Die president het gesê dat landbou gesamentlik deur die regering…
Die Agro-Bemarkings- en Handelsagentskap, Amta, het met graanverkryging in Oshikoto begin. Geregistreerde boere verhandel mahangu aan Amta vir berging in silo's. Stephen Iimbili, Amta se nasionale strategiese voedselreserwebeampte, het aan die nasionale uitsaaier gesê dat die proses aan die gang is en binnekort na ander streke sal uitbrei.
Terwyl 'n bohaai in Europa losgebars het na Rusland se dodelike missiel-aanval op Kiëf, was dit relatief stil in Amerika. Karoline Leavitt, perssekretaris van die Withuis, het gesê president Donald Trump was nie gelukkig oor die Russiese aanval nie, maar ook nie verbaas nie. Senior korrespondent David Blevins het uit…
Die DA verwelkom die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, se inwerkingstelling van die Nasionale Onderwys- en Opleidingsraad. Die DA-lid, Nazley Sharif, sê die raad is in 2009 gestig en sal die departement as 'n raadgewende liggaam oor basiese onderwysbeleids-aangeleenthede dien. Sy sê dit is die eerste keer dat die…
Engeland se snelbouler Mark Wood hoop om volgende maand vir Durham in die graafskap-kampioenskap te speel voor die reeks om die As teen Australië. Die 35-jarige het nog nie sedert Augustus verlede jaar in 'n toets vir Engeland gespeel nie. Hy het in Februarie by die Kampioenetrofee 'n kniebesering opgedoen…
Die Engelse dagblad, The Namibian, vier môre sy 40ste bestaansjaar met die eerste uitgawe wat op 30 Augustus 1985 verskyn het. Die koerant se stigter en veteraan joernalis Gwen Lister het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat. Sy sê dit is bewys van die veerkragtigheid van goeie joernalistiek.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.