Die minister van landbou, Willie Aucamp, sê slegs grond is nie genoeg vir boere om te floreer nie. Hy sê boere het ook toegang tot befondsing, winsgewende bates, vee en gepaste ondersteuning nodig om volhoubare ondernemings te bou. Aucamp het deelgeneem aan 'n paneelbespreking tydens Nampo Kaap in Bredasdorp in…
Onvoldoende skoolsanitasie en duur higiëneprodukte dwing steeds skoolmeisies om by die huis te bly wanneer hulle menstrueer. Die voorsitter van die Studente-unie van Namibië, Bernard Kavau, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat gevaarlike puttoilette en hoë koste menstruele higiëne lae-inkomste leerders in gevaar stel. Kavau het 'n nasionale beleid…
Nywerheidsminister Modestus Amutse waarsku dat die ekonomie nie volhoubaar kan wees terwyl hoë werkloosheid en beperkte sakegeleenthede voortduur nie. Amutse het by die opening van die Internasionale Konferensie oor Finansies en Volhoubare Besigheid gesê dat groen ekonomie-innoverings wins moet genereer en die omgewing moet beskerm terwyl dit konkrete voordele vir…
Na ‘n paar maer jare, lyk dit of Suid Afrika, nes Namibië, die jaar rekordoeste van veral mielies, graan, en sitrus-produkte sal aanteken - met baie van die produkte wat landuit gestuur sal word. Mielie-produsente kan die kwartaal tot soveel as 17,2 miljoen ton mielies uitvoer – ‘n toename van…
Die Russiese president Vladimir Putin het Westerse sanksies die skuld gegee vir industriële agteruitgang en toenemende ekonomiese druk. Tydens die dialoog vir leiers by die Brics-sakeforum in Nieu-Delhi, Indië, het Putin met behup van 'n tolk gesê sanksies het bygedra tot 'n afname in industriële produksie, toenemende staatskuld en begrotingsprobleme…
Daar word by SAOG-leiers aangedring om te beywer vir groter insluiting en sterker verteenwoordiging in Brics, terwyl die blok se 18de leiersberaad hierdie naweek in Nieu-Delhi, Indië, afskop. Met wêreldwye geopolitieke spanning wat handel, energie en internasionale alliansies hervorm, sê die Afrika-kenner dr. Charles Sinkala aan Kosmos 94.1 Nuus dat…
Copps 94.1 het Vrydagaand die doen en late van inwoners op Okahandja en omliggende gebiede gemonitor, waar sake betreklik stil verloop het. Francois Lottering van Kosmos 94.1 doen verslag van die toneel.
In die buurland het die Valke, in samewerking met Interpol, vanmiddag die uitlewering van ses Nigeriese burgers hanteerwat na bewering lede is van die Black Axe georganiseerde misdaadnetwerk. Amerikaanse owerhede soek hulle vir internetbedrog en geldwassery wat met 'n liefde-slenter verband hou. Die woordvoerder van die Valke, Katlego Mogale, sê die verdagtes…
Die Namibiese Voedsel- en Geallieerde Werkersunie, Nafau en Metro, het 'n nuwe kollektiewe ooreenkoms onderteken wat werknemers 'n algemene salarisverhoging van 450 Namibiese dollar per maand toestaan. Die adjunk-sekretaris-generaal van die vakbond, Willem Absalom, sê die eenjaarooreenkoms verteenwoordig ongeveer 'n loonverhoging van 10 persent om werkers teen stygende lewenskoste te beskerm.
'n Lid van die Verenigde Nasies se Jeugadviespaneel, Gabriel Mandume, sê die wanverhouding tussen akademiese opleiding en werksmagvereistes bly 'n primêre dryfveer van jeugwerkloosheid in die land. Mandume sê dat terwyl jong Namibiërs steeds met teoretiese kwalifikasies van plaaslike universiteite en kolleges gradueer, beperkte praktiese blootstelling hulle swak voorbereid laat…
Reaksie word ontvang ná die dood van 'n agtjarige leerder in Groot Aub, wat vroeër die week na bewering deur 'n 12-jarige vriend verwurg is. Die voorval het die gemeenskap in skok gelaat en in rou gedompel, terwyl die polisie 'n saak van moord en roof ondersoek. Kosmos 94.1 Nuus…
Die Bankiersvereniging van Namibië verdedig kommersiële banke teen bewerings dat hulle oormatige skuldlas by huishoudings aanvuur deur buitensporige kredietverlening. Tydens haar verskyning voor die parlementêre staande komitee oor die ekonomie het die vereniging se uitvoerende hoof, Dantagos Jimmy, gesê dat die toestaan van krediet aan die privaatsektor oor die algemeen…
George Russell sê hy sal geluk nodig hê om sy Mercedes-spanmaat, Kimi Antonelli, in te haal en Formule Een se bestuurders-kampioenskap te wen. Hy het Antonelli in Julie laas in Brittanje geklop. Die Italianer het onlangs van die 19de plek teruggeveg om sy tuis-wedren in Monza te wen. Die Brit…
Die Gautengse gesondheidsdepartement sê hoewel hy daarin kon slaag om baie meer pasiënte op sy MIV- en TB-behandelings-programme te behou, bly dit ‘n uitdaging om te verseker dat pasiënte gereeld hul medisyne by klinieke en hospitale opeis. Die departement se dr. Fikile Ndlovu het met SABC News gepraat en sê…
Daar is kommer oor die sielkundige tol van jeugwerkloosheid, en die jeugministerie sê dat geestesgesondheidondersteuning alleen dit nie kan oplos sonder ekonomiese geleenthede nie. Direkteur vir jeugontwikkeling, Nicolas Tembwe, sê dat jeugbeleide gekoppel moet word aan vaardigheidsontwikkeling, entrepreneurskap, arbeidsinisiatiewe en toegang tot finansiering. Hy het die privaatsektor, die burgerlike samelewing…
Die Hooggeregshof in Johannesburg het Bafana Mahungela skuldig bevind aan die moord op 'n onderwyseres van die Spesiale Skool Deltapark, Kirsten Kluyts, tydens 'n MyRun-wedloop in Parkmore, Sandton, in Oktober 2023. Hy is ook skuldig bevind aan ontvoering, roof met verswarende omstandighede, poging tot verkragting en regsverydeling. Regter Ian Cox…
Statistiek Suid-Afrika sê vervaardigingsproduksie het in Julie met 1,1-persent gestyg teenoor dieselfde maand verlede jaar. Kos en drank, asook petroleum en chemiese produkte, was van die grootste bydraers tot die groei. Seisoensaangepaste produksie het van Junie af ook met 2,2-persent gestyg. Nicolai Claassen van Statistiek SA sê vervaardigingsverkope het met…
NamRA het sy elektroniese stelsel opgedateer, wat verrekeningsagente en belastingbetalers toelaat om ontbrekende of hersiene dokumente aan te heg nadat hulle hul sogenaamde SAD 500-verklaringsvorms ingedien het. Woordvoerder Steven Ndorokaze verduidelik dat hoewel gebruikers nou addisionele vereiste dokumentasie na aanslag kan oplaai, die nuwe funksie nie wysigings aan voorheen ingediende…
11 Sep 6AM
1 min
1 – 20
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.