Onderwysminister Sanet Steenkamp sê NSFAF het tot dusver vanjaar meer as 2 miljard Namibiese dollar aan klasgelde en nie-klasgelde uitbetaal. Steenkamp het aan die Parlement verslag gedoen oor vertragings in die betaling van nie-klasgelde en gesê dat NSFAF meer as 56 000 aansoeke ontvang het, met meer as 38 000…
Dele van suidelike, sentrale en oostelike Namibië kan oor die naweek reënbuie verwag. Meteoroloog Albertina Anderson sê reënbuie sal vanaf die kus en die suidelike binneland inbeweeg voordat dit na die sentrale streke en die gebiede rondom Leonardville, Witvlei en Gobabis in die ooste versprei. Sterk winde word in sommige…
Meatco sê sy ommekeerpogings begin positiewe resultate lewer, met sterk groei in inkomste, winste en beesslagtingsyfers. Dit volg op 'n werksbesoek van landbouminister Inge Zaamwani aan Meatco se Windhoek-fasiliteite, waar sy ingelig is oor die korporasie se prestasie en belangrike strategiese prioriteite. Meatco-woordvoerder Undamuje Hambira sê een van die hoogtepunte…
Die Internasionale Atoomenergie-agentskap sê hy hou aktiwiteite dop by Iran se Pickaxe-berg, ʼn ondergrondse tonnel-netwerk naby Teheran se Natanz-uraanverrykingsfasiliteit. Die hoogsversterkte terrein is vermoedelik ʼn kernfasiliteit wat in aanbou is. Volgens berigte gebruik Iran opgegaarde onderdele om missiele te vervaardig wat met soliede en vloeibare brandstof aangedryf word. Die agentskap…
Die Departement van Korrektiewe Dienste se nasionale kommissaris, Makgothi Thobakgale, het bekend gemaak dat tugoptrede teen 173 tronkbewaarders aan die gang is. Sommige word aangekla dat hulle gevangenes gehelp het om smokkelware in die tronk in te bring. Dis deel van verskerpte landwye ingryping en onlangse intelligensie-gedrewe klopjagte by tronke…
Joaquin Niemann van Chili loop voor in die Ierse Ope in Doonberg na 'n openingsronde van vyf-onder 65 in nat en winderige omstandighede. Hy het 'n voorsprong van twee houe oor 'n groep van vyf spelers, insluitend Shane Lowry van Ierland en Shaun Norris van Suid-Afrika. Negentien spelers het nie…
Namibië en China brei bilaterale bande uit deur institusionele vennootskappe, jeuguitruiling en ondersteuning vir kreatiewe nywerhede. Tydens 'n China-Namibië Kultuurbeurs het Chinese ambassadeur Zhao Weiping gesê onlangse ooreenkomste fokus op die verdieping van samewerking in kultuur en onderwys. Zhao sê dat die Chinese ambassade 'n aanvanklike 500 000 Namibiese dollar…
Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, sê die Departement sal volgende week 'n versoek om inligting publiseer vir die herontwikkeling van die gebied romdom Telkom Towers in Pretoria. Die projek sal na verwagting tot 2,2-miljard Suid-Afrikaanse rand kos en meer as 5 300 geleenthede vir konstruksiewerkers skep…
Capricorn Group se 2026 Maatskaplike Waardeverslag toon dat hy 29,3 miljoen Namibiese dollar in korporatiewe maatskaplike beleggingsprojekte in Namibië en Botswana belê het. Capricorn se uitvoerende hoof van korporatiewe sake, Marlize Horn, sê projekte sluit in onderwyserontwikkeling, ondersteuning vir skoolvoedingsinisiatiewe, die Bank Windhoek Kanker-appelprojek, kreatiwiteit en kulturele uitdrukking.
Forum for South Africa sê die regering moet die slaagvereistes vir matriek verhoog, en sê 'n 30 persent-slaagsyfer in sommige vakke is te laag. Die Forum beplan om 'n Wiskunde-program vir grade vier tot sewe in werking te stel om leerders se vaardighede te verbeter voordat hulle matriek bereik. Tebogo…
Die Amerikaanse President Donald Trump sê sy kontroversiële voorstel om ’n tjek van 5 000 dollar aan elke Amerikaner te stuur – as sy party die November middel-termyn verkiesings wen - nie goedkeuring van die Kongres benodig nie. Opposisie-politici het Trump se plan gekritiseer, met baie wat kla dat dit…
Nasionale Beplanningskommissie direkteur-generaal Kaire Mbuende sê Namibië beoog om sekondêre nywerhede se bydrae tot 25 persent van BBP teen 2030 te verhoog. Mbuende was ‘n gasspreker by die 2026 Afrika Groen Nywerhede Beraad in Swakopmund en sê die inisiatief vorm deel van die regering se verbintenis om plaaslike vervaardiging uit…
Statistiek Suid-Afrika sê mynbouproduksie het in Julie met 7,5-persent op 'n jaargrondslag gedaal, hoofsaaklik weens afnames in die produksie van platinumgroepmetale, steenkool en ystererts. Verkope van minerale het ook met 5,6-persent afgeneem, terwyl goudverkope met meer as 33-persent getuimel het. Juan-Pierre Terblanche van Statistiek Suid-Afrika sê seisoenaal aangepaste mineraalverkope het…
Stad Windhoek weier om Baboon City, 'n groeiende informele nedersetting agter Rocky Crest en Pionierspark te erken, en hou vol dat die gebied skoongemaak en na sy oorspronklike toestand herstel moet word. Volgens stadswoordvoerder Lydia Amutenya is die grond deel van 'n stuk wat aan die China Railway Seventh Group…
Die bulolifant wat laat in 2019 uit die Swakopmund-gebied verskuif is, het hom ten volle op die Zannier-reservaat aangepas en tree op as leier vir jonger bulle. Marlice van Vuuren, medestigter van die N/a'an ku sê-stigting, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê data van satelliet-halsbande toon dat die 25-jarige olifant,…
Vandag is dit 25 jaar sedert die terroriste-aanvalle op Amerika op 11 September 2001. Maar daar is ‘n parallel met Namibië. Vir jonger geslag wat destyds nie geleef het nie, is 9/11 'n tragedie wat hoofsaaklik deur stories, skoollesse, digitale argiewe en sosiale media bekend is, wat tot apatie lei,…
Die inflasiekoers het in Augustus tot 5 persent gestyg, die hoogste vlak sedert Februarie 2024. Terwyl stygende inflasie druk op rentekoerse kan plaas, sê Robert McGregor van Cirrus dat die Bank van Namibië ook ekonomiese groei, kredietverlening en internasionale reserwes sal oorweeg wanneer hy sy volgende repokoersbesluit in Oktober neem…
Daar is 'n bemarkingsagterstand vir die groot 110 000 ton witmielie-oes omdat meulenaars minder graan aankoop. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê die algemene bestuurder van die Namibiese Akkerbouraad, Gilbert Mulonda, dit is hoofsaaklik omdat hulle nie meer mieliemeel aan die skool-voedingsprojek voorsien nie. Meer as 20 000…
In Suid-Afrika doen Johannesburg se burgemeester, Dada Morero, ʼn beroep op inwoners om onwettige elektrisiteitsverbindings aan te meld en te help om elektrisiteitsinfrastruktuur te beskerm. Die metro verloor na raming sowat 29-persent van sy elektrisiteit. Dit word grootliks toegeskryf aan onwettige verbindings, gepeuter met meters, diefstal en elektrisiteitsverbruik wat nie…
Die Oshikoto-streek se planne om boorgate in veral klein nedersettings te rehabiliteer en installeer is nou 2,68 miljoen Namibiese dollar sterker. Dit, na ‘n reuse skenking aan die streek deur Namport. Sy uitvoerende hoof, Andrew Kanime, sê in ‘n droë land soos Namibië vorm watersekerheid die fondasie van alledaagse lewe.
10 Sep 11PM
1 min
20 – 40
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.