President Netumbo in Rusland vir ekonomiese vennootskappe

Loading player...
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Maandag, 26 Oktober, uit Namibië vertrek na Moskou, Rusland, om die Rusland-Afrika-beraad op 28 en 29 Oktober by te woon. Namibië hoop om tydens die besoek vennootskappe op die gebied van belegging, plaaslike mineraalverwerking en tegnologie-oordrag te bevorder. Ons Russiese spesiale korrespondent in Moskou Yury Lindre het die boodskap in Afrikaans aan president Nandi-Ndaitwah en haar afvaardiging gestuur met hulle besoek aan Moskou:
27 Oct 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Momentum sê repokoersverhoging is in lyn met verwagtinge

Reaksie word ontvang op die sentrale bank se besluit om die repokoers met 25 basispunte tot 7 persent te verhoog. Kara van den Heever, 'n beleggingsontleder by Momentum, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die verhoging in lyn is met hul verwagtinge. Sy verduidelik:
28 Oct 6AM 1 min

WK maak vordering met herstelwerk aan paaie ná vloedskade

Die Wes-Kaapse regering sê herstelwerk aan beskadigde paaie tussen Klawer en Vredendal is afgehandel. Die werk maak deel uit van 'n projek van 89-miljoen-rand om paaie en brûe te herstel wat in Mei deur vloedwater beskadig is. Die LUR vir Infrastruktuur, Tertuis Simmers, sê werk duur voort aan twee brûe…
28 Oct 5AM 1 min

Windhoek se openbare parke onder die loep in die parlement

Die Stad Windhoek se ontwikkelingspogings is onder die loep in die parlement, midde kommer oor die swak ontwikkeling van openbare parke. Dit kom terwyl die Staande Komitee oor Ekonomie en Nywerheid, Openbare Administrasie en Beplanning ingelig word oor die munisipaliteit se inisiatiewe vir ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling. Komiteelid Sharonice Busch…
28 Oct 5AM 1 min

BoN verhoog repokoers tot 7% te midde van inflasiedruk

Die Bank van Namibië het die repokoers met 25 basispunte tot 7 persent verhoog. Die besluit kom te midde van swak binnelandse ekonomiese aktiwiteit, toenemende inflasiedruk, ’n groeiende handelstekort en die risiko’s wat bek-en-klouseer vir die ekonomie inhou. Die sentrale bank se president, Ebson Uanguta, verduidelik die redes agter die…
28 Oct 5AM 1 min

SA motoriste gevra om voertuie vir feestyd gereed te kry

Die Padverkeerbestuurskorporasie in Suid Afrika doen 'n beroep op motoriste om vir die feestyd voor te berei deur te verseker dat hul voertuie padwaardig is en alle lisensies geldig is. Meer as 2,2-miljoen voertuiglisensieskyfies verval in November en Desember, waarvan Gauteng die grootste deel verteenwoordig met meer as 851-duisend lisensies…
28 Oct 4AM 1 min