
WK maak vordering met herstelwerk aan paaie ná vloedskade
Loading player...
Die Wes-Kaapse regering sê herstelwerk aan beskadigde paaie tussen Klawer en Vredendal is afgehandel. Die werk maak deel uit van 'n projek van 89-miljoen-rand om paaie en brûe te herstel wat in Mei deur vloedwater beskadig is. Die LUR vir Infrastruktuur, Tertuis Simmers, sê werk duur voort aan twee brûe en die pad tussen Vredendal en Vanrhynsdorp. Simmers het bygevoeg dat herstelwerk aan sekere brûe tot in volgende jaar sal voortduur:

