
Lamola sê SA regering tree op teen diegene wat geweld teen buitelandse burgers aanhits
Loading player...
Die Suid Afrikaanse minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê die regering tree op teen diegene wat wettige kommer oor onreëlmatige migrasie uitbuit om misdadige, haatdraende agendas te bevorder. Lamola sê daar dien tot dusver meer as 100 sake voor die howe, en meer as 40 ondersoeke wat verband hou met intimidasie, plundering en geweld teen migrante is aan die gang. Hy sê aanvalle op migrante moet streng veroordeel word:

