
China-Afrika-bande al hoe belangriker namate wêreldhandel verander
Loading player...
Die Chinese ambassadeur in Namibië, Zhao Weiping, sê betrekkinge tussen China en Afrika word al hoe belangriker namate wêreldwye handelsdinamika verander. Dit kom terwyl ’n simposium oor China-Afrika-samewerking in Windhoek begin het. Die simposium fokus op China se nul-tariefbeleid vir Afrikalande en die moontlike implikasies daarvan vir handel en ekonomiese samewerking.

