OFM OFM Agri Hour

OFM Agri Hour

The Agri Hour with Gerben van Niekerk is OFM's flagship agriculture programme. Tune in, weekdays 5 - 6am.
Daily English South Africa Business News · Business
5,619 Episodes
740 – 760

Wedvlugduiwe onder skoot

Frik Kruger, voorsitter van die Gauteng Posduif Unie, het onlangs sy kommer uitgespreek oor die toenemende probleem van wedvlugduiwe wat afgeskiet word terwyl hulle oor die Vrystaat vlieg. Hierdie kwessie het weer aandag gekry nadat foto’s op Facebook gedeel is, soortgelyk aan dié wat ‘n paar jaar gelede gewys het…
11 Jul 2024 11PM 4 min

Hoe Limpopo ryp markte raak

Swartryp het groot dele van Limpopo getref en talle boere het erge skade gely. AMT se Dr Johnny van der Merwe het meer inligting oor wat in die mark verwag word.
10 Jul 2024 11PM 2 min

Vererwing in familieboerdery

In ons derde insetsel oor opvolgbeplanning in ‘n familie boerdery gesel Du Preez de Villiers met kenner, Willem van Jaarsveld van die Leadership, Agriculture & Recreational Development Agency tydens ‘n praatjie op Kragdag Wes-Kaap vroeër vanjaar meer oor vererwing…
10 Jul 2024 11PM 4 min

Weervooruitsigte vir die volgende seisoen

Met weersomstandighede wat in baie dele skynbaar op sy kop gekeer is, wonder mens wat die volgende seisoen inhou. Meteoroloog, Anika de Beer, vertel wat produsente te wagte kan wees as mens na El Nino en La Nina siklusse kyk…
10 Jul 2024 11PM 2 min

VS Landbou: Nuutste statistieke oor plaasaanvalle

Landelike veiligheid is iets waarmee produsente daagliks konfronteer word. Johan Gunter gesels met Vrystaat Landbou veiligheidsrisiko analis, dr. Jane Buys, oor die nuutste statistieke van plaasaanvalle in die provinsie asook oor ‘n gebeurlikheidsplan wat Vrystaat Landbou het vir plaaswerkers.
10 Jul 2024 12PM 4 min

Maak seker jy doen betyds aansoek om waterregte te hernu

Dit gebeur dikwels dat grondeienaars en produsente versuim om te verseker dat waterregte betyds hernu word. In ‘n aanlyn werkswinkel het Agri SA se Janse Rabie vir regskenner Adriaan Groenewald gevra waarop gelet moet word was dit by die hernuwing van waterregte kom…
9 Jul 2024 11PM 4 min

Landboutoestande in die Noord-Kaap

Agri Noord-Kaap het die aanstelling van die nuwe minister van landbou, John Steenhuisen, verwelkom. OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger, gesels met hoof uitvoerende beampte, Dirk Krapohl.
9 Jul 2024 1AM 4 min

Verwoestende brande berokken groot skade in dele van Oos-Vrystaat

Die Oos-Vrystaat is die afgelope naweek (6-7/7) deur verwoestende brande getref wat groot verliese aan weiding, infrastruktuur en vee gebring het. Die Vrystaatse LUR vir Landbou, Elzabé Rockman, het die geaffekteerde areas besoek om die situasie eerstehands te beoordeel en met boere te gesels oor hul bekommernisse en behoeftes. Gedurende…
8 Jul 2024 11PM 3 min

Sparta Kalfklub Kompetisie

Suid Afrika en veral die Vrystaat het wêreldklas beesboere en Sparta wil soveel as moontlik van hierdie uitstekende genetika direk by die beesboer aankoop. OFM Agri se Robyn Schutte gesels met Charles Mathewson oor die Sparta Kalfklub en ‘n opwindende Kompetisie…
8 Jul 2024 1AM 1 min

Responsible antibiotic use in cattle production

In cattle production, the responsible use of antibiotics is crucial for ensuring herd health. OFM Agri's Robyn Schutte talks to Animal Health Specialist at the Beefmaster Group, King Ramokala, about the different classes of antibiotics and how they work, to ensure the best treatment response…
7 Jul 2024 11PM 5 min

Probleemdiere

Johan Gunter gesels met OVK se John Melville oor probleemdiere en hoe om hulle te identifiseer.
5 Jul 2024 1AM 3 min

What's in Farmers Weekly – 12 July Edition

The digital editor of Farmer’s Weekly, Sindira Chetty, gives an overview of the latest news in the agricultural industry covered in the magazine and on its website.
4 Jul 2024 11PM 2 min

'n Blik op landbou 38 jaar terug

OFM vier die week 38 jaar as radiostasie in sentraal Suid-Afrika. AgriSA adjunkpresident, Nicol Jansen en OFM se Shandor Potgieter gesels oor landbou 38 jaar gelede, en die veranderings wat die sektor omarm het deur die jare…
4 Jul 2024 3AM 4 min

Verskil tussen finansiële bestuursbeplanning en opvolgbeplanning

In ons tweede insetsel oor opvolgbeplanning in ‘n familie boerdery vertel ʼn kenner, Willem van Jaarsveld van die Leadership, Agriculture & Recreational Development Agency tydens ‘n praatjie op Kragdag Wes-Kaap vroeër vanjaar wat die verskil tussen finansiële bestuursbeplanning en opvolgbeplanning is…
3 Jul 2024 11PM 5 min

Opwindende 4x4 naweek ten bate van Kalahari Wildlife Projects

My 4x4 Fitment in Upington bied hierdie naweek ‘n 4x4 dag aan ten bate van die Kalahari Wildlife Project (KWP). Die KWP is geleë in die Noord-Kaap en spesialiseer in die redding en rehabilitasie van verskeie beseerde Kalahari-spesies, insluitend ietermagog (pangolin), meerkatte, aardwolwe, verskillende roofvoëls, kleiner soogdiere en soms groot…
3 Jul 2024 11PM 2 min

ABSA en die Buro vir Ekonomiese Ondersoek se aankopebestuurdersindeks

Dis tans redelik moeilik om ekonomiese aanwysers te interpreteer. Ontleders meen ondanks optimisme oor ekonomiese vooruitsigte, gaan dinge nog eintlik swaar. Ekonomiese ontleder en dosent aan die Noordwes-Universiteit, Prof. Waldo Krugell, meen die uitslae van ABSA en die Buro vir Ekonomiese Ondersoek se aankopebestuurdersindeks, is ʼn goeie voorbeeld hiervan.
2 Jul 2024 11PM 1 min
740 – 760