Help só Noord-Kaapse boere tydens droogte

Loading player...
Hoewel daar onlangs verspreide reënval in sommige dele van die Noord-Kaap was, bly die droogte ’n ernstige uitdaging vir boere in die streek.
Volgens Janine Byleveld, Bedryfsbeampte: Ekonomie, Handel en Natuurlike Hulpbronne van Agri Noord-Kaap, het die oostelike dele van die provinsie, veral naby die grens met Noordwes en die Vrystaat, van die reën voordeel getrek. Daarenteen het gebiede soos Fraserburg, Williston, Sutherland, Brandvlei, Keimoes en Askam baie min reën ontvang. Verder het boere by Vosburg en Victoria-Wes gehoop op reën oor Kersfees, maar dit het ongelukkig nie gerealiseer nie.
18 Feb 2025 10PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie

Die rooivleisbedryf gaan gebuk onder verskeie uitdagings, waaronder die uitbreking van bek-en-klouseer, wat nou in al nege van die land se provinsies bevestig is. OFM Agri het onlangs gesels met die uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, Dr Frikkie Maré, oor hoe dit tans gaan met die bedryf sowel as oor…
9 Mar 11PM 5 min