Die feestyd kom al nader en plaasveiligheid is weer onder die vergrootglas. Johan Gunter gesels met Vrystaat Landbou se dr Jane Buys, wat tien punte het om na te gaan vir veiligheid…
By die onlangse AgriSA-kongres is die waarde en gebruik van data breedvoerig bespreek. Basson Engelbrecht van Reisiger verduidelik waarmee die maatksappy tans besig is en hoe dit produsente kan baat in die toekoms.
Tegnologie speel toenemend ‘n belangrike rol in die voorkoming van misdaad. OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger, het by die onlangse NAMPO Alfa met Tiaan Basson van Farm Safe gesels om te hoor hoe hulle kameras en netwerktegnologie inspan…
Red Meat Industry Services het verlede Vrydag Fase 1 van die RMIS-naspeurbaarheidsplatform vir Suid-Afrika se Rooivleisbedryf geloods. Hoof Uitvoerende Bestuurder van RMIS, Dewald Olivier, vertel oor die opwinding wat heers rondom die nuwe platform.
Na ‘n berig dat Namibië en Botswana ‘n verbod geplaas het op invoere van Suid Afrikaanse produkte na hierdie lande, het Johan Gunter met die RPO se Gielie Nieuwoudt gesels oor die grootste oorsake aan gebrek aan winsgewindheid.
Die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en Siektes vereis dat boere hul bedrywighede korrek klassifiseer om versekeringsdekking vir werkers te optimaliseer en kostebesparings te verseker. OFM Agri se Robyn Schutte gesels met Stephan Pietersen van Work Accident Support oor die subklassifikasies en hoe die tariewe en bedrywighede boerderye beïnvloed…
The digital editor of Farmer’s Weekly, Sindira Chetty, gives an overview of the latest news in the agricultural industry covered in the magazine and on its website.
Agri Noordwes het hul medelye betoon met die naasbestaandes van Henk Meyer, wat verlede naweek deur rook en vlamme oorweldig is toe hy gegaan het om ‘n brand te blus. Die organisasie se Naude Pienaar meen ook die tegniese be-eindiging van die brandseisoen op 31 Oktober, is nie prakties nie…
Die Noordwes-sambreelbrandbeskermingsvereniging meen die vernietigende veldbrande wat daagliks in Noordwes woed en die naweek die lewe van ‘n boer van Lichtenburg geëis het, word vererger deur die regering se versuim om ag te slaan op pleidooie vir ’n langer brandseisoen. Voorsitter Eric Stoch vertel meer oor die benarde situasie…
Gerekende internasionale beesbeoordeelaar, PJ Budler, wat in Suid-Afrika gebore is en reeds op 15-jarige ouderdom sy eie stoetery begin het en deesdae in die VSA woon, was die hoof beoordeelaar by vanjaar se bees-interras-kompetisie op NAMPO Alfa. Hy het tydens die geleentheid gepraat oor die kenmerke waarna hy kyk wanneer…
Man se beste vriend en ‘n skaapboer se regterhand was ook onlangs een van die groot trekpleisters by vanjaar se NAMPO Alfa. Ragni Pretorius van Coligny het haar SA kampioen skaaphond, Tess, se vaardighede op die baan gewys, en ook een van haar aanhangers, Alexander Smit van Bloemfontein, met sy…
Die National Livestock Farmers Association of South Africa is in Maart vanjaar in die lewe geroep as ‘n herverbeelding van die National Emergent Red meat Producers Organisation. OFM Inoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger, het by die onlangse NAMPO Alfa ekspo met voorsitter, Brenda Maaroganye, gesels.
Boere in dele van die Vrystaat het onlangs begin om mielies en sojabone aan te plant. OFM Agri se Robyn Schutte gesels met Hendrik Knobel, Vrystaat Landbou se streeksverteenwoordiger van die Dihlabeng-distrik oor hoe aanplantings vorder.
John Deere se visie vir 2030 is dat alle gebruikers van hul toerusting die mees produktiefste, winsgewendste en volhoubaarste sal wees. Bemarkingsbestuurder vir Afika, Hentie Breedt, het meer hieroor gedeel by die onlangse AgriSA kongres…
Die Landbank, wat vier jaar gelede nie aan sy skuldverpligtinge van R40-miljard kon voldoen nie, is sedert Mei-maand weer op dreef. OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger het tydens AgriSA se onlangse kongres by die bank se uitvoerende hoof ,Themba Rikhotso, gehoor hoe dinge vorder met die intiteit se omdraai-strategie…
The digital editor of Farmer’s Weekly, Sindira Chetty, gives an overview of the latest news in the agricultural industry covered in the magazine and on its website.
24 Oct 2024 11PM
2 min
500 – 520
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.