Kosmos 94.1 Kosmos Kapitaal

Kosmos Kapitaal

Kosmos Kapitaal is Kosmos 94.1 se toegewyde finansiële platform wat daarop gemik is om finansiële kennis toeganklik, verstaanbaar en relevant vir elke Namibiër te maak.

Hier vind jy betroubare inhoud oor persoonlike finansies, begrotings, spaar, beleggings, die ekonomie, sake, marknuus en praktiese geldwenke – alles eenvoudig verduidelik deur kundiges en bedryfsleiers.

Of jy nou jou finansiële kennis wil uitbrei, beter geldbesluite wil neem of op hoogte wil bly van die jongste ekonomiese verwikkelinge, bied Kosmos Kapitaal professionele, insiggewende en maklik verteerbare inhoud wat jou help om met groter vertroue jou finansiële toekoms te bestuur.
Daily English Namibia Business · Investing
33 Episodes
20 – 33

Maandag, 17 Augustus 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Die adjunkminister van myne, Gaudentia Kröhne, moes vure in Indië doodslaan oor persepsies dat die regering om op 51 persent van alle nuwe myne in die land wil aanspraak maak. Sy het ook nuus oor Namibië se planne om 'n groter belang in Debmarine Namibia…
17 Aug 12AM 3 min

Banks and home repossession: The game has changed

New rules have strengthened protections for Namibians facing the loss of their homes over unpaid debts. In this podcast, KosmosKapitaal's Jo-Maré Duddy unpacks the High Court Amendment Act, 2024 (Act 2 of 2024) and accompanying amendments to the Rules of the High Court, which came into operation in August 2025,…
14 Aug 12PM 5 min

Vrydag, 14 Augustus 2026

Almal wil 'n huisie by die see hê ... of enigeplek anders. Maar huislenings is duur en banke is ongeduldig. Nuwe regulasies in wetgewing behoort huiseienaars 'n blaaskans te gee. Of gaan dit? KosmosKapitaal vra kenners se mening.
14 Aug 12AM 3 min

Donderdag, 13 Augustus 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Hoe sal jy daarvan hou om 10 miljard Namibiese dollar te verloor? Wel, dit was een van die oorwegings van die Bank van Namibië toe dit Woensdag besluit het om rentekoerse onveranderd te hou. En NamBrew-beleggers prost! lekker ná Namibia Breweries se aandeelprys op die…
13 Aug 12AM 3 min

Woensdag, 11 Augustus 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Vandag is W-dag - WAT gaan die Bank van Namibië oor rentekoerse besluit? Veral huiseienaars is op hete kole oor of die dak oor hul kop té warm, té koud of net reg gaan wees. En op die plaaslike indeks van die Namibiese Effektebeurs het…
12 Aug 12AM 3 min

Dinsdag, 11 Augustus 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Die plaaslike konstruksiebedryf gaan vanjaar steeds bakstene kou, toon die jongste groeiverwagtinge van die sentrale bank. KosmosKapitaal gesels met Bärbel Kirchner, uitvoerende hoof van die Federasie vir die Konstruksie-industrie in Namibië, oor of die bedryf saamstem. Is die myn van fosfaat van die Namibiese seebodem…
11 Aug 12AM 3 min

Maandag, 10 Augustus 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Twee supermoonthede – China en Amerika. Maar hoe lyk hul handelsyfers met Namibië? Eksklusiewe konsessies in die toerismebedryf: Die vonke gaan die week spat. En hoe het die plaaslike indeks van die Namibiese Effektebeurs Vrydag gevaar? Volg KosmosKapitaal op Facebook, Instagram, X en LinkedIn, en…
10 Aug 1AM 3 min

Green light for phosphate mine 'massive' mistake, warns marine watchdog

A storm erupted on social media on Saturday after the ministry of environment confirmed that Namibian Marine Phosphate had received an environmental clearance certificate for its controversial offshore Sandpiper Project near Walvis Bay. The planned extraction of phosphate-rich sediments from the seabed for processing into fertiliser has faced opposition for…
9 Aug 1AM 1 min

Vrydag, 7 Augustus 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Beplande vars beleggings van sowat N$48 miljard en 18 000 nuwe werkgeleenthede in mynbou - Namibië is op koers met dié teiken, sê pres. Netumbo Nandi-Ndaitwah. Uraan bly die oogappel van mynbou met dié kommoditeit wat in Junie vir bykans N$2,9 miljard in buitelandse valuta…
7 Aug 12AM 3 min

Donderdag, 6 Augustus 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Amerika se ambassadeur in Namibië, John Giordano, sê min lande is in 'n beter posisie as Namibië om munt uit die ekonomiese transformasie van die wêreld te slaan - en die VSA is gretig om dié pad saam met Namibië te stap. President Netumbo Nandi-Ndaitwah…
6 Aug 12AM 2 min

Woensdag, 5 Augustus 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Mynbou bult, veral aan die kus, en dit beteken toenemende verkeersdruk op die C28-grondpad deur die Namib. Zebra Kasete, besturende direkteur van Deep Yellow, het tydens die ondertekening van die C28-padveiligheidsveldtog by die Mynbou-ekspo en Konferensie Dinsdag gesê die verwagte verkeersyfers maak ‘n mens bang…
5 Aug 12AM 3 min

Dinsdag, 4 Augustus 2026

Kosmos Kapitaal is Kosmos 94.1 se toegewyde finansiële platform wat daarop gemik is om finansiële kennis toeganklik, verstaanbaar en relevant vir elke Namibiër te maak. Hier vind jy betroubare inhoud oor persoonlike finansies, begrotings, spaar, beleggings, die ekonomie, sake, marknuus en praktiese geldwenke – alles eenvoudig verduidelik deur kundiges en…
4 Aug 12AM 3 min

Oggendnuus: Maandag, 3 Augustus 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Shell gaan sy voet van die briek afhaal in sy soeke na olie langs die Namibiese kus. Gedink Woensdag se brandstofprysverhoging gaan jou sak ruk? Jy sou nog méér moes opdok as dit nie vir die regering se ingrypingsbuffer was nie, sê energieminister Modestus Amutse…
2 Aug 10PM 3 min
20 – 33