Kosmos 94.1 Kosmos Kapitaal

Kosmos Kapitaal

Kosmos Kapitaal is Kosmos 94.1 se toegewyde finansiële platform wat daarop gemik is om finansiële kennis toeganklik, verstaanbaar en relevant vir elke Namibiër te maak.

Hier vind jy betroubare inhoud oor persoonlike finansies, begrotings, spaar, beleggings, die ekonomie, sake, marknuus en praktiese geldwenke – alles eenvoudig verduidelik deur kundiges en bedryfsleiers.

Of jy nou jou finansiële kennis wil uitbrei, beter geldbesluite wil neem of op hoogte wil bly van die jongste ekonomiese verwikkelinge, bied Kosmos Kapitaal professionele, insiggewende en maklik verteerbare inhoud wat jou help om met groter vertroue jou finansiële toekoms te bestuur.
Daily English Namibia Business · Investing
33 Episodes
1 – 20

Vrydag, 11 September 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Dis daai tyd van die jaar - genoteerde maatskappye se finansiële resultate klingel groot geld. KosmosKapitaal loer vanoggend na FirstRand Namibia se boeke en gesels met Ben Jooste, uitvoerende hoof van Oryx Properties, oor dié eiendomsgroep se jongste vertoning.
10 Sep 11PM 3 min

Donderdag, 10 September 2026

Uraan sorg toenemend vir 'n BOEM! in Namibië se uitvoerverdienste. En dit gaan net al meer harde kontant verdien. KosmosKapitaal hoor hoekom by Greg Field, uitvoerende hoof van Deep Yellow van Tumas-faam, wat tans die Wêreldkernsimposium in Londen bywoon.
9 Sep 11PM 3 min

Woensdag, 9 September 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Die tier in die tenk van Namibiese motoriste brul sedert die begin van die konflik in die Midde-Ooste al kwaaier. Brand daar 'n flouer prysliggie iewers voor 'n die spreekwoordelike wapad? KosmosKapitaal het by Cirrus Capital-ontleder, Pandu Shaduka, gaan kers opsteek. En die Namibia Professional…
9 Sep 12AM 3 min

Dinsdag, 8 September 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Met apologie aan Kurt Darren - ons wil almal huis toe gaan, maar behalwe dat ons nie 'n huis kan bekostig nie, kan ons skaars 'n los lappie grond kry om een daarop te bou. KosmosKapitaal het by Simonis Storm-ekonoom Almandro Jansen gaan aanklop om…
8 Sep 12AM 3 min

Maandag, 7 September 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Bars of betaal, daai's die wet van NamRA se nuwe regulasies vir in- en uitvoerders later vanjaar. Meer hieroor in die bulletin. Ons het ook die jongste mynbounuus.
7 Sep 1AM 3 min

Vrydag, 4 September 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Wat is ReconAfrica se planne sou hulle kommersieel-ontginbare gas in Kavango-Wes kry? KosmosKapitaal vertel jou. Ander groot nuus: Die Namibiese Effektebeurs gaan demutualiseer. Ons gesels met Tiaan Bazuin, uitvoerende hoof van die NSX.
4 Sep 1AM 3 min

Donderdag, 3 September 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Is daar 'n verband tussen banke se huiwering om huislenings toe te slaan en die regering? Ons gesels met Cirrus Capital-direkteur Romé Mostert. Ook in die bullie: ReconAfrica gooi nóg honderde miljoene dollar in hul soektog na olie en gas in Kavango-Wes.
3 Sep 1AM 3 min

Woensdag, 2 September 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Vir elke Namibiese begrotingsdollar is die regering bereid om net twee sent op behuising te bestee ... en ons wonder hoekom mense in sinkhuise in informele nedersettings moet plak. KosmosKapitaal gesels met Simonis Storm-ekonoom Almandro Jansen. Ook in die nuus: Erongo se Tumas-uraanprojek is enig…
2 Sep 12AM 3 min

Dinsdag, 1 September 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Die meerderheid van Namibiërs het nooit 'n kat se kans gestaan om 'n huislening te bekom nie, deels omdat hulle eenvoudig te min geld verdien. Gas wat onlangs by een van ReconAfrica se putte in Kavango-Wes begin vloei het, het nuwe skop in beleggers se…
1 Sep 12AM 3 min

Maandag. 31 Augustus 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Hoe nou? Ons betaal twee keer vir diesel? Diesel wat al duurder word? Ja, ons doen. In vanoggend se KosmosKapitaal vertel ons jou hoekom. En ons het meer oor Andrada Mining wat sê hul Uis-tinmyn is die groep se kontantvloei-enjin.
30 Aug 11PM 3 min

Vrydag, 28 Augustus 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Langer Heinrich se oemf is behoorlik terug en Deep Yellow ken reusekontrakte aan plaaslike maatskappye vir hul Tumasprojek toe. Indië en Amerika is honger vir uraan - dalk 'n rede hoekom hulle al meer flikkers vir Namibië gooi?
28 Aug 12AM 3 min

Vrydag, 28 Augustus 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Langer Heinrich se oemf is behoorlik terug en Deep Yellow ken reusekontrakte aan plaaslike maatskappye vir hul Tumasprojek toe. Indië en Amerika is honger vir uraan - dalk 'n rede hoekom hulle al meer flikkers vir Namibië gooi?
28 Aug 12AM 2 min

Donderdag, 27 Augustus 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Namibië praat oliesake in Noorweë en Andrada Mining se jongste litiumresultate naby Uis toon opnuut Namibië kan 'n belangrike speler op die wêreldverhoog vir kritieke minerale word.
27 Aug 1AM 3 min

Dinsdag, 25 Augustus 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Selfoonslenters: Is werknemers van diensverskaffers kop in een mus met dié sogenaamde 'scammers'? Aikôna, sê hulle in vandag se KosmosKapitaal.
25 Aug 12AM 3 min

Maandag, 24 Augustus 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Is groepsdruk onder veral jongmense dalk 'n rede dat staatsamptenare in skuld verdrink? Ons hoor by 'n kenner. Ook Vrydag se NSX-nuus: Lekker dag vir SBN Holdings, maar nie vir Trustco nie.
24 Aug 12AM 3 min

Vrydag, 21 Augustus 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Geld, gróót geld ... FirstRand Namibia sê beleggers gaan breed glimlag oor hul jongste finansiële resultate. Goeie nuus vir die gasvryheidsbedryf in die land: Werkspermitte vir sakedoeleindes gaan tot vyf jaar verleng word. En daar's 'n nuwe werksesel in die plaaslike voertuigmark …
21 Aug 12AM 3 min

Vrydag, 21 Augustus 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Geld, gróót geld ... FirstRand Namibia sê beleggers gaan breed glimlag oor hul jongste finansiële resultate. Goeie nuus vir die gasvryheidsbedryf in die land: Werkspermitte vir sakedoeleindes gaan tot vyf jaar verleng word. En daar's 'n nuwe werksesel in die plaaslike voertuigmark …
21 Aug 12AM 3 min

Donderdag, 20 Augustus 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Local is lekker, maar vir wie - en hoeveel? Plaaslike betrokkenheid in die land se ontluikende stroomop-petroleumsektor was Woensdag telkens 'n warm patat by die Namibiese Olie- en Gaskonferensie in Windhoek. met die regering wat diplomaties vure probeer doodslaan het sonder om op té veel…
20 Aug 12AM 3 min

Woensdag, 19 Augustus 2026

In vandag se KosmosKapitaal: Namibiese vervaardigers kan dalk 'n voet in deur van Pepkor, een van Afrika se handelsreuse, kry. Nuwe voertuigverkope het nie brieke nie en Letshego Holdings Namibia maak meer as 250 miljoen Namibiese dollar se wins in ses maande.
19 Aug 12AM 3 min

Dinsdag, 18 Augustus 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: As jou bank jou opdraande gee omdat jy jou huislening vinniger wil afbetaal, laat weet hom, sê parlementêre komiteevoorsitter Iipumbu Shiimi. Hy sal graag met hulle wil praat, sê dié voormalige finansminister. Ook in vandag se KosmosKapitaal: Groot nuus van Andrada Mining en ReconAfrica.
18 Aug 12AM 2 min
1 – 20