Landbounuus-podcast: President klop landbou op die skouer

Loading player...
Die landbousektor het 'n klop op die skouer van president Cyril Ramaphosa ontvang tydens vanjaar se staatsrede (SONA). Hy het o.m. gesê dat die landbousektor in die land 'opvallend goed presteer' ondanks die koronavirus-pandemie. Die president het veral die sitrusbedryf se prestasies uitgelig, aangesien dit die wêreld se tweede grootste uitvoerder van sitrus gedurende 2020 geword het. Ander bedrywe wat erkenning ontvang het was die wyn-, mielie-, neute-, sagtevrugte- en suikerrietbedrywe. Dit het ook sterk uitvoergroei getoon. Ramaphosa het voorts bygevoeg dat die gunstige weersomstandighede van verlede jaar, sowel as aan die begin van 2021, aandui dat landbou waarskynlik op kort termyn sal groei.
15 Feb 2021 4AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

David Masoeu.

MRK genader oor haglike toestand van Vrystaatse paaie.
18 Sep 3AM 1 min

Samanta Stelli

Strenger vonnisse gevra ná ligte straf vir hondegeveg.
17 Sep 8AM 1 min

Audrey Gerber

Steeds geen antwoorde vir kleuter se ernstige reaksies op kos.
17 Sep 6AM 1 min