Landbounuus-podcast: Kommer oor nuwe minimumloon

Loading player...
Verskeie landbou-organisasies het hulle kommer uitgespreek oor die nuwe verhoogde minimumloon van Maandag in die Staatskoerant gepubliseer is. Die nasionale minimumloon is van R18.68 na R21.69 per uur aangepas vir plaaswerkers. Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL), het sy teleurstelling uitgespreek en gesê die regering se besluit om die minimumloon met 16% aan te pas kom op ʼn tyd waar dit ekonomies geweldig uitdagend is om voedsel te produseer. Wilken meen dat die aanpassings kan lei tot werksverliese. Daarmee saam het Agri SA bygevoeg dat dit die departement in kennis gestel het dat die landboubedryf ’n veelsydige sektor is wat bestaan uit meestal klein- en mediumskaalboere, terwyl grootskaalse kommersiële boere slegs ’n klein persentasie van die bedryf uitmaak. Die organisasie sê hierdie klein- en mediumskaalse boere moes reeds die gevolge van die onlangse droogte absorbeer, wat vererger is deur die uitwerking van die Covid-19 pandemie. Agri SA meen dit is teleurstellend dat hierdie kritiese faktore nie in ag geneem is nie. Verder het Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, gesê die styging kom te midde van die nadelige uitwerking wat Covid-19-regulasies op die landbousektor gehad het, veral die impak op die wynwaardeketting met die verkope van alkohol wat reeds drie keer sedert die begin van die inperking verbied is.
10 Feb 2021 6AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

David Masoeu.

MRK genader oor haglike toestand van Vrystaatse paaie.
18 Sep 3AM 1 min

Samanta Stelli

Strenger vonnisse gevra ná ligte straf vir hondegeveg.
17 Sep 8AM 1 min

Audrey Gerber

Steeds geen antwoorde vir kleuter se ernstige reaksies op kos.
17 Sep 6AM 1 min