Landbounuus-podcast: Wolmark mag sywaarts beweeg

Loading player...
Die Rand mag moontlik teen die vernaamste geldeenhede versterk. Heinrich Victor, bestuurder van spesiale dienste by OVK, sê met die gesamentlike effek van die Chinese Nuwejaarsvieringe op hande, is die verwagting dat die wolmark mag sywaarts beweeg. Hy sê fynwol bly in sterk aanvraag en daarom is die verwagting dat negatiewe beweging minimaal op hierdie tipes wol blyk te wees. Victor sê die hoeveelheid wol wat vandeesweek in makelaars se pakhuise ontvang is, is 0,2% laer in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk in die vorige seisoen. Luidens Victor het volhoubaar gesertifiseerde goeie kwaliteit merinowol weereens goeie aandag geniet op die veiling en tot gesonde kompetisie tussen kopers gelei.
5 Feb 2021 4AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

David Masoeu.

MRK genader oor haglike toestand van Vrystaatse paaie.
18 Sep 3AM 1 min

Samanta Stelli

Strenger vonnisse gevra ná ligte straf vir hondegeveg.
17 Sep 8AM 1 min

Audrey Gerber

Steeds geen antwoorde vir kleuter se ernstige reaksies op kos.
17 Sep 6AM 1 min