Landbounuus-podcast: Reën bedreig keerwal

Loading player...
‘n Boer uit die Soutpan-omgewing in die Vrystaat, Mimie Jacobs, sê goeie reën word wyd verwelkom maar dat dit egter kan veroorsaak dat ‘n keerwal in die Modderrivier naby haar plaas ineenstort. Jacobs boer met lusern en pekanneute langs die Modderrivier en sê die onlangse reën het nie ‘n negatiewe invloed op haar gewasse gehad nie. Sy deel egter dat daar oorstromings was en hulle moes besproeiingspompe sowel as pype van rivierwalle af verwyder. Jacobs deel haar bekommernis oor die keerwal en sê voortdurende reënval hou ‘n risiko in dat dié wal gaan breek, wat tot gevolg sal hê dat water wegvloei na die Krugersdriftdam toe.
3 Feb 2021 4AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

David Masoeu.

MRK genader oor haglike toestand van Vrystaatse paaie.
18 Sep 3AM 1 min

Samanta Stelli

Strenger vonnisse gevra ná ligte straf vir hondegeveg.
17 Sep 8AM 1 min

Audrey Gerber

Steeds geen antwoorde vir kleuter se ernstige reaksies op kos.
17 Sep 6AM 1 min