
PM gesels met Prof Johan Willemse oor ‘n interessante webinar wat volgende week aanlyn gaan plaasvind.
Loading player...
Landbou-ekonoom, Prof Johan Willemse bied weer ‘n landboumark-vooruitsigte werkswinkel aan op 4 Februarie. Dit vind plaas in die vorm van ‘n webinar en van die sprekers wat optree, sluit in Theo Venter en Prof Jannie Rossouw. Venter, politieke analis van die NWU, gesels oor die politiese omgewing en hoe raak dit die landbou, terwyl Prof Rossouw van die Wits Besigheidskool gesels oor wat ‘n mislukte staat se invloed op die landbousektor. Prof Willemse se bydrae sal self fokus op die jongste markvooruitsigte in die graan- en veebedryf.