
PM gesels met die politieke analis, Theo Venter oor die vraag: wat weer van Suid-Afrika ‘n wenland kan maak.
Loading player...
Theo Venter is ‘n bekende politieke analis, verbonde aan die Besigheidskool van die NWU in Potchefstroom. Venter gee ‘n paar riglyne op die vraag wat weer van Suid-Afrika ‘n wenland kan maak. Hy noem ‘n paar faktore soos die Covid-pandemie en die swak ekonomie. Venter wys veral op die korrupsie in die land wat daadwerklik aangespreek moet word. Hy verwys ook na die belangrikheid van beleidsekerheid.