
PM berig oor twee Suid-Afrikaanse universiteite wat in die nuus is oor belangrike navorsing wat gedoen is.
Loading player...
Interessante studies en bevindings deur wetenskaplikes en navorsers van die Universiteite van Stellenbosch en die Vrystaat, het die nuus die afgelope tyd gehaal. Die negatiewe invloed van rooivleis op menslike gesondheid, asook die van veeproduksie op die omgewing, word ten gunste van ‘n plantgebaseerde dieet oorbeklemtoon. Dit is volgens navorsers aan die Universiteit Vrystaat. Verder is die Universiteit van Stellenbosch se dr Cletos Mapiye vereer met ‘n gesogte toekenning.