
Hans-Jurie Moolman, ‘n bekende regskundige, gesels vandag oor grondbesettings en grondvergrype
Loading player...
Die bekende regskundige, Hans-Jurie Moolman verduidelik, na aanleiding van die afgelope week se grondbesettings en –vergrype in die Potchefstroom-distrik, wat die regte en verpligtinge van grondeienaars en –huurders is. Moolman gee advies wat om in sekere situasies te doen en verduidelik volledig die regsprosesse wat gevolg moet word. Paaie, beligting, dienste en ander strukture vorm ook deel van die vereistes wat gestel word voordat grond in besit geneem en ontwikkel mag word.