PM berig oor nuwe pogings in Wallis om dierewelsyn te help.

Loading player...
In Wallis het diereliefhebbers gejuig oor die nuus dat die land se leiers dierewelsyn wil opskerp. Aangesien subsidiebetalings van die begin van die jaar af nie langer die reels van die Europese Unie volg nie, kan die Walliese regering nou sy eie skema implementeer. Peilings het reeds aangetoon dat die oorgrote meerderheid van verbruikers van diereprodukte, dierewelsynstandaarde in hul aankoopbesluite oorweeg. Eenmalige kapitaalbetalings word ook wyd ondersteun om plase toe te rus om dierewelsyn te verbeter.
18 Jan 2021 2AM Afrikaans South Africa Business · Daily News

Other recent episodes