
PM berig oor ‘n unieke ink wat uit poeiermelk vervaardig word.
Loading player...
Poeiermelk-ink is ‘n nuwe toevoeging tot unieke uitvindsels deur navorsers. Navorsers aan die Singapoer Universiteit van Tegnologie het ‘n 3D-drukmetode wat melk gebruik, ontwikkel. Die melk-inkformule uit poeiermelk, is gebruik om komplekse 3D-strukture suksesvol te vervaardig, volgens ‘n berig van Dairy Reporter.