
Lunch Punch: Eric Graham oor Held On Till May se musiekvideo wat klem plaas op persone met Downsindroom
Loading player...
Die filmmaker Eric Graham is ook kitaarspeler vir die groep Held On Till May. Hy kom vertel meer oor die konsep vir die musiekvideo van "Always Invisible" en hoe die sterre van Club 21 Learning Centre hulle harte gesteel het tydens die verfilming hiervan. Dit het gebeur in Oktobermaand, wat ook die bewustheidsmaand was vir persone met Downsindroom. Joretha, die hoof by Club 21 Learning Centre, vertel ook van die pad wat sy met hierdie spesiale mense stap en hoe sy by die skool betrokke geraak het.