#OFMKunsteklop - Die Proteablomfeetjie nooi jou vir 'n unieke poppeteater ervaring

Loading player...
Wie is die Proteablomfeetjie? Waar gee sy haar treetjies en wat is haar werk? Hierdie storie kry lewe deur poppeteater en musiek. Dit is ’n verhaal van behoort-aan en om as’t ware te blom waar jy geplant is. In samewerking met die Vrystaat Kunstefees kan die kleinspan die besonderse poppeteater geniet. Hier is die skakel: https://www.vrystaatkunstefees.co.za/en/events/proteablomfeetjie-2/
Kaartjies is beskikbaar vir die aanlynvertoning by Webtickets - https://www.webticket.co.za/v2/Default.aspx
Die storie leef al lank in Schoeme Grobler se kop en ons vind uit waar die idee vandaan kom. Luister gerus na die potgooi. As jy meer wil weet oor Puppetrix, gaan besoek hulle gerus op Facebook - https://www.facebook.com/PuppeTrixTheatre
20 Nov 2020 English South Africa Performing Arts · Visual Arts

Other recent episodes

Van Potchefstroom na Londen, Jonel Scholtz se kuns op 'n wêreldverhoog

Jonel Scholtz het in 1988 begin skilder terwyl sy op hoërskool was, saam met Louise Goudemond, 'n Amerikaanse kunstenaar wat spesialiseer in figuurlike werk en olieportrette. In 2025 het haar kuns haar weer eens 'n wêreldwye platform gegee. Jonel is gekies om haar kuns in te sluit in "Routines", 'n…
18 Aug 6 min