
Dr Johnny vd Merwe van die Noordwes Universiteit gesels oor die jongste kommoditeitspryse
Loading player...
Dr Johnny van der Merwe berig oor kommoditeitspryse en verduidelik hoekom wit en geelmielies se pryse gedaal het. Soja-, sonneblomme en koringpryse het effens gestyg. Mieliepryse se daling is as gevolg van internasionale invloede. Beter weersomstandighede in die VSA was ‘n verdere rede vir die daling van graanpryse. Die Rand het versterk as gevolg van die Amerikaanse verkiesing. Van der Merwe gesels ook oor ‘n moontlike nuwe beleid van die nuut verkose VSA-President, Joe Biden. Vleispryse het sywaarts verhandel en daar word ook berig oor ander vleis- en varsprodukte.