
PM berig oor ‘n mynbouverbod wat in Zimbabwe se nasionale parke ingestel is.
Loading player...
‘n Mynbouverbod in Zimbabwe se nasionale parke om enige mynbou-aktiwiteite stop te sit, is deur natuurlewe kampvegters verwelkom nadat hulle die regering daaroor hof toe gevat het. Chinese ontwikkelaars se projekte is dus daarmee tot ‘n halt gebring. Na afloop van ‘n kabintesvergadering, het die regering toegegee om die verbod in te stel, veral na aanleiding van die vining krimpende getalle van bedreigde diere soos onder andere die swartrenoster.