Agri-Uur 19 Oktober Nakana
Loading player...
#Afasa Politici moet boere nie verdeel
Verskeie belangegroepe en landbou-organisasies het 'n duidelike boodskap gehad buite die landdroshof in Senekal met die hofverskyning van twee verdagtes in verband met die moord op die jong Brendin Horner. Horner is op 'n plaas waar hy gewerk het in die distrik wreed vermoor. Afasa se sekretaris-generaal, Nakana Masoka, wat self 'n Vrystaatse boer is, het tydens sy spreekbeurt Vrydag in Senekal, waar 'n groot groep mense by die punt in die dorp waar AfriForum byeen was, gesê boere voel hulle is op hul eie aangewese. Hy het ook verwys na die Horner-moord wat gerespekteer moet word, sodat sy geliefdes die geleentheid het om afskeid te neem van hul geliefde Brendin. Hier is Masoka...
(VIR DIE WEB: Masoka het ook gesê hyself is 'n slagoffer en loop deur onder veediefstal. Hy het in Maart vanjaar 17 beeste in Kroonstad in dié provinsie verkloor. Hy het vertel dat die polisie sy verklaring afgeneem het en toe hulle hom weer besoek het, het die polisie die verkeerde verklaring gehad. Masoka het gesê die minister van polisie, Bheki Cele moet seker maak dat die polisie hul werk doen, en is nie deel van sindikate wat boere se skape en beeste steel nie.
Hy het ook gesê daar is kinders van God en dit is nou tyd dat boere van die land asook die Vrystaat hande vat, want die kos op mense se tafels word deur boere geproduseer, ongeag of hulle swart of wit is.
Boere moet ook nie toelaat dat politici hulle verdeel "speelgoed van hulle maak nie." Die regering moet 'n omgewing skep waarin boere kan werk en produseer. Hy het gesê boere moet uitgelos word, want hulle sal kos produseer en die land se ekonomie weer optel.)